Windhoek takel behuisingskrisis
Aansoeke nou oop
Te midde van die bestaande krisis poog die Windhoekse munisipaliteit om laekostebehuising aan inwoners te bied.
Die geweldige tempo van verstedeliking na stede soos Windhoek sal die voortdurende behuisingskrisis vererger.
Die hoofstad se munisipaliteit het hier egter ingespring en laekostebehuising aan inwoners gebied met hul Informele Nedersetting Opgraderingsprojek.
Die munisipaliteit se hoof van behuising, Teunis Heunis, verduidelik dat 600 laekoste-huise in die eerste fase van hierdie projek opgerig is met nog 600 huise wat vir die tweede fase beplan word.
Aansoeke vir die tweede fase is onlangs deur die munisipaliteit geopen.
“Dis wat ons noem in situ ontwikkeling; die huis word fisies op iemand se erf gebou. Waar iemand grond besit, maar nie ’n huis kan bou nie, sloop ons die sinkhuise wat hulle moontlik reeds opgerig het en bou ’n steenhuis op hul erf terwyl hulle daar bly,” het hy gesê.
Heunis meen hierdie is ’n ideale geleentheid vir mense wat gedienste grond besit, maar nie finansieel in staat is om ’n huis op te rig nie. Individue teken ’n 25-jaar huurkoopkontrak met die Windhoek munisipaliteit en betaal oor hierdie kwarteeu in paaiemente die koste van hul huis terug aan die munisipaliteit.
“Toe hierdie projek geloods is, was die feit dat ons nie moet diskrimineer teen enige persoon nie die kern van die projek. Dit maak nie saak of iemand vir hulself werk, ’n huishulp of ’n pensioenaris is nie.
“Daarom laat ons pensioenarisse toe om met hul kinders as mede-eienaars deel te word van die projek. Die kinders help dan om die huis af te betaal, maar die huis behoort steeds aan die pensioenaris,” het Heunis gesê.
Wanbetaling bly egter ’n doring in sy vlees vir hierdie projek, sê hy.
“Baie mense het hul werk verloor, veral sedert die Covid-19-pandemie, so terugbetaling is ’n probleem. Hierdie projek is gestig as ’n selfaanvullende fonds, om die volgende persoon te kan help met die geld wat aan ons terugbetaal word deur mense wat reeds gehelp is,” het hy gesê.
Persone wat belangstel om deel te word van die Informele Nedersetting Opgraderingsprojek, kan navrae aan die Windhoek munisipaliteit of die Nasionale Behuisingsonderneming (NHE) rig.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie