Die uitvoerende direkteur van internasionale betrekkinge en samewerking, ambassadeur Penda Naanda. Foto argief
Die uitvoerende direkteur van internasionale betrekkinge en samewerking, ambassadeur Penda Naanda. Foto argief

19 Namibiërs in VSA kan dalk gedeporteer word

Tuyeimo Haidula
Daar bestaan gerugte dat die Amerikaanse president Donald Trump se beoogde plan om onwettige immigrante te deporteer ook 19 Namibiërs insluit.

Dit kom nadat Namibië na bewering op ’n lys van lande verskyn met 19 burgers wat glo vir deportasie geïdentifiseer is.

Amptenare van die Namibiese ambassade in die Verenigde State van Amerika (VSA) het egter nog geen inligting van die Amerikaanse owerhede ontvang met betrekking tot dié groep Namibiërs nie.

Die uitvoerende direkteur van internasionale betrekkinge en samewerking, ambassadeur Penda Naanda, het dit gister bevestig.



‘IGNOREER DIE LYS’

Die lys van lande wat na bewering deur die Immigrasie- en Doeane-administrasie (ICE) in die VSA vrygestel is – en vermoedelik in November 2024 gefinaliseer is – bevat altesaam 1,4 miljoen name wat vir deportasie geïdentifiseer is.

Die 19 Namibiërs het glo reeds hul finale waarskuwing ontvang om die land te verlaat.

Die Namibiese ambassadeur in die VSA, Margaret Mensah-Williams, het gister uit Washington DC op vrae van Network Media Hub (NMH) gereageer.

“Die departement van menslike dienste (DHS) het alle ambassades aangeraai om die sogenaamde Trump-deportasielys te ignoreer, en verduidelik dat die ICE nie hierdie dokument uitgereik het nie. Daarom is dit nie geldig nie.”



GEEN INLIGTING

Naanda het Woensdag in ’n telefoniese onderhoud bevestig dat Namibië nie meer besonderhede van die geraakte Namibiërs ontvang het nie.

“Ons weet ook nie of hulle in enige voltydse of kontraktuele diens is en in watter deelstate hulle woon nie,” het hy bygevoeg.

Hy het verduidelik sodra Amerikaanse amptenare die ambassade kontak, die sending sal verifieer of hierdie individue wel Namibiese burgers is en of hulle buitelandse burgers is wat valslik beweer dat hulle Namibiërs is.

Die ambassade sal dan voortgaan om te help met hul terugkeer huis toe, indien nodig.

“Ons kan nie voorskryf wie hulle deporteer en wie nie. Net soos Namibië het hulle reëls. Ons doen ook dieselfde as iemand onwettig in ons land is,” het Naanda gesê.

Hy het bygevoeg dat die Namibiese amptenare, as wetsgehoorsame burgers, nie met die VSA se interne beleid sal inmeng nie en sal wag vir amptelike kommunikasie.

Naanda het bygevoeg dat hulle, soos almal, tot dusver nog net die plasings op sosiale media gesien het.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-01-30

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 18° | 33° Rundu: 19° | 34° Eenhana: 22° | 35° Oshakati: 24° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 22° | 34° Otjiwarongo: 19° | 33° Omaruru: 21° | 35° Windhoek: 20° | 31° Gobabis: 21° | 35° Henties Bay: 17° | 21° Swakopmund: 17° | 19° Walvis Bay: 17° | 23° Rehoboth: 21° | 31° Mariental: 23° | 35° Keetmanshoop: 18° | 34° Aranos: 24° | 35° Lüderitz: 14° | 27° Ariamsvlei: 18° | 33° Oranjemund: 14° | 24° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 22° | 38° Lubumbashi: 16° | 24° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 18° | 33° Antananarivo: 17° | 28° Lilongwe: 17° | 24° Maputo: 23° | 36° Windhoek: 20° | 31° Cape Town: 18° | 24° Durban: 20° | 29° Johannesburg: 22° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 17° | 23° Harare: 15° | 26° #N/A #N/A