journalist
journalist

Aanlyn geweld teenoor vrouejoernaliste bedreig mediavryheid – studie

Aanlyn geweld teenoor vroulike joernaliste is wêreldwyd een van die grootste bedreigings vir mediavryheid, volgens navorsers.

Die Verenigde Nasies (VN) se opvoedkundige, wetenskaplike en kulturele organisasie (Unesco) het ’n verslag genaamd “The Chilling: Global Trends in Online Violence Against Women Journalists (https://en.unesco.org/publications/thechilling) ” uitgereik. Die verslag is die voorloper van ’n komende interdissiplinêre studie deur die Internasionale Sentrum vir Joernaliste (ICFJ).

Die studie is gegrond op onder meer ’n wêreldwye opname onder 901 joernaliste in 125 lande, langer onderhoude met 173 joernaliste en kenners, en twee groot studies van meer as 2,5 miljoen inskrywings op sosiale media gerig op twee prominente joernaliste.

Volgens die ICFJ (https://www.icfj.org/news/vital-call-action-global-study-offers-solutions-fight-against-online-violence) fokus “The Chilling” op die uitdagings wat vrouejoernaliste ondervind met volgehoue aanlyn geweld, en op hoe disinformasie en die impak van die Covid-19-pandemie die probleem vererger het.

Daar word ook gefokus op die aard van oorkruisende mishandeling, byvoorbeeld waar rassisme en bekrompenheid met vrouehaat oorvleuel.

The Guardian (https://www.theguardian.com)) berig die navorsers doen ’n beroep op sosialemediamaatskappye om hul algoritmes te verander omdat daar bevind is dat dit haat teenoor vroue kan bevorder. Daar word ook gevra dat die oortreders van aanlyn geslagsgeweld van die platforms verwyder en gepenaliseer moet word.

Die navorsers doen ook ’n beroep op regerings, die mediabedryf en groot tegnologiemaatskappye om meer te doen om wat hulle noem ’n “krisis van aanlyn geweld teenoor vroulike joernaliste” aan te pak.

Die verslag bevat meer as 100 aanbevelings “om te help om die globale plaag wat joernaliste se veiligheid bedreig en die demokratiese diskoers vergiftig, te beveg”. Bron: Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-15

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 31° Rundu: 20° | 34° Eenhana: 21° | 34° Oshakati: 23° | 33° Ruacana: 20° | 30° Tsumeb: 21° | 33° Otjiwarongo: 20° | 31° Omaruru: 25° | 34° Windhoek: 20° | 31° Gobabis: 21° | 33° Henties Bay: 16° | 24° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 23° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 22° | 38° Aranos: 23° | 36° Lüderitz: 16° | 28° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 20° | 34° Lubumbashi: 18° | 33° Mbabane: 16° | 31° Maseru: 14° | 30° Antananarivo: 13° | 32° Lilongwe: 19° | 32° Maputo: 19° | 33° Windhoek: 20° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 27° Johannesburg: 16° | 29° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 19° | 29° Harare: 16° | 26° #REF! #REF!