Afname in mensehandel aan Covid toe te skryf
Ellanie Smit - In Namibië is minstens 95 slagoffers van mensehandel vanaf 2017 tot 2020 geïdentifiseer.
Dit volgens die jongste wêreldverslag oor mensehandel wat deur die Verenigde Nasies (VN) se Kantoor vir Dwelms en Misdaad (Undoc) bekend gestel is.
Die verslag vermeld egter dat daar 'n afname in mensehandel gedurende hierdie tydperk was – wat aan die Covid-19-pandemie toegeskryf word.
Altesaam 22 slagoffers is in 2017 en 2018 geïdentifiseer, 33 in 2019 en 18 in 2020.
Tussen 2017 en 2020 is vyf mensehandelsake in die land vervolg, luidens die verslag. Oor dieselfde tydperk is 15 mans en agt vroue as mensehandelaars geïdentifiseer.
KWESBAARHEDE
Luidens die verslag word minder slagoffers van mensehandel wêreldwyd geïdentifiseer – selfs terwyl krisisse mense se kwesbaarheid om uitgebuit te word, verhoog.
Die aantal slagoffers wêreldwyd het in 2020 met 11% gedaal teenoor die vorige jaar, gedryf deur minder opsporing van sulke gevalle in lae- en medium-inkomstelande.
Die pandemie, benewens verminderde geleenthede vir handelaars om te werk, kon wetstoepassingsvermoë verswak het om slagoffers op te spoor, het die verslag bygevoeg.
“Hierdie jongste verslag toon hoe die pandemie die kwesbaarheid vir mensehandel verhoog het, en kapasiteite om slagoffers te red en misdadigers voor die gereg te bring verder ondermyn het,” het Undoc se uitvoerende direkteur, Ghada Waly, gesê.
“Ons kan nie toelaat dat krisisse uitbuiting vererger nie. Die VN en die skenkergemeenskap moet nasionale owerhede ondersteun – veral in ontwikkelende lande – om te reageer op bedreigings van mensehandel en om slagoffers te identifiseer en te beskerm – veral in noodtoestande.”
PATRONE
Die verslag dek 141 lande en verskaf 'n oorsig van mensehandeltendense op globale, streek- en nasionale vlakke, gebaseer op gevalle wat wel vermeld is.
“Minder gevalle van handel vir seksuele uitbuiting is tydens die pandemie opgespoor, aangesien openbare ruimtes gesluit was en verwante beperkings hierdie vorm van handel moontlik na meer versteekte en minder veilige plekke gedryf het, wat dit moeiliker maak om slagoffers te identifiseer,” lui die verslag.
Deur mensehandelstatistiek volgens streek uiteen te sit, het dit hoër vlakke van straffeloosheid in Afrikalande suid van die Sahara en Suid-Asië getoon.
Soos in vorige jare, is die meeste slagoffers wat in Afrikalande suid van die Sahara opgespoor is óf burgers van die land van opsporing óf burgers van ander lande in dié gebied.
“Van dié wat in 2020 opgespoor is, is 85% binnelands opgespoor. Waar buitelandse slagoffers opgespoor is, is die meerderheid van hulle binne die streek nagespoor vanaf ander Afrikalande suid van die Sahara, veral uit Oos- en Suider-Afrikalande.”
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie