Alle paaie lei na Chongqing

Nuwe internasionale land-see-handelskorridor
Op die kruispad van die 'Silk Road Economic Belt', herleef China sy antieke tradisie van internasionale handel, daar waar die moderne maritieme syroete begin, beter bekend as die Belt and Road-inisiatief.
Augetto Graig
Augetto Graig in Chongqing – Uit die oogput van ’n Namibiër wat vir die eerste keer uit Afrika reis, is die aankoms by Chongqing in die hart van China niks minder as verstommend nie.

Wolkekrabbers styg soos sierlike rivierriete om die hemel te kielie, skares mense is doelgerig bedrywig, verkeer skarrel oor brûe wat hoog hang, af met ontelbare paaie van iedere grootte

en beskrywing. Sneltreine op die enkelspoor dra inwoners in die stad rond, terwyl vragmotors kom en gaan soos besige miere. Rivierbote van verskillende groottes dryf verby op die waterweg. Snags skilder veelkleurige neonligte prentjies in die donker en in die hitte van die dag se son vloei polsende energie deur die vogtige lug.

Op die kruispad van die "Silk Road Economic Belt", herleef China sy antieke tradisie van internasionale handel, daar waar die moderne maritieme syroete begin, beter bekend as die Belt and Road-inisiatief.

Die Jianlingrivier ontmoet daar die magtige Yangtzerivier se goue waterweg op pad oos, en die China-Europese "Railway Express" vertrek oor duisende kilometers na die weste.

As ’n deelnemer aan die Belt and Road Joernaliste-forum 2024 vanaf 26 August tot 1 September, was ek onlangs bevoorreg om self nuwe insigte in ’n paar van die 26 distrikte, agt graafskappe en vier outonome graafskappe onder Chongqing se jurisdiksie te kry, waar die reusegroei van China se ontwikkeling in fokus kom. Chongqing beslaan 82 400 vierkante kilometer en is die tuiste van meer as 32 miljoen permanente inwoners.

Die nuwe internasionale land-see-handelskorridor het vinnig ontwikkel sedert moderne China amptelik besluit het om homself in 1978 vir die wêreld oop te stel. Vandag verbind die "Belt and Road" meer as 100 stede in 40 lande per spoor en bied toegang na 523 hawens in 124 lande deur gekombineerde see- en spoorvervoer.

ANTIEKE GESKIEDENIS

Maar Chongqing spog met sy eie meer antieke geskiedenis wat terugdateer tot meer as 3 000 jaar gelede.

In 1891 was dit die eerste binnelandse stad in China wat weer vir buitelandse handel oopgestel is.

Die Chongqing Baiheliang-onderwatermuseum gee toegang tot die bekende rots "White Crane Ridge", wat nou onder water is, waar watervlakke van die Yangtzerivier oor meer as 1 200 jaar ingeëts is.

Dit dien om dié stad se lang tradisie van tegnologiese innovasie as een van die wêreld se eerste antieke hidrologiese stasie te bewys.

Chongqing se terminaalstasie van spoorweghouers binne die stad se spoorwegmiddelpunt beslaan 36 hektaar en daar is 702 000 vraghouers verlede jaar gehanteer. Toegerus met vier 800 meter lange vraghanteringslyne en agt mobiele reuse-hyskrane, wat elk 40 ton kan optel, kan die stasie 850 000 vraghouers per jaar hanteer.

Onder die groot verskeidenheid produkte wat hul deurgang hier vind, is Chongqing Fuling Zhacai Group se ikoniese gepekelde groente en speserye, insluitend die beroemde Zhacai gepekelde mosterd, vervaardig in tien aanlegte met 17 outomatiese produksielyne wat in staat is om 300 000 ton rou plantmateriaal te verwerk.

Volgens die maatskappy se president, Zhao Ping, het een aanleg slegs 12 individue in diens, danksy hoëvlak-outomatisering, robotte en topgehalte-tegnologie, maar verskaf inkomste aan een miljoen kleinskaalse boere wat insette aan die aanleg lewer.

Die 10,098 miljard yuan maatskappy is op die aandelebeurs genoteer.

Professor Zheng Changzhong van Fu Dan Universiteit verduidelik dat Zhacai uitbeeld hoe China tussen 2013 en 2021 byna 100 miljoen mense amptelik uit armoede kon ophef. Dit is net een voorbeeld van die land se holistiese poging, wat 1,4 miljoen mense in diens geneem en die lewens van 1 800 lede van die regerende Kommunistiese Party van China (CPC) geëis het, om ’n armoedeverligtingsbeleid te kan implementeer wat spesifiek vir elke plek aangepas is.

HELDER WATERS

Nog so ’n graafskap is Wulong waar president Xi Jinping se 2005-verklaring “Helder waters en

digbegroeide berge is van onskatbare waarde", in praktyk gestel is om ongekende vrugte te dra.

Changzhong verduidelik dat hierdie landelike gebied in 1997 een van die armstes in China was, met ’n per capita-inkomste van slegs US$200 per jaar. Die besluit om toerisme-ontwikkeling te ondersteun het die lewens van plaaslike inwoners verander. Oor 20 jaar van merkwaardige ontwikkeling is die inkomste per burger meer as tienvoudig verhoog. In 2017 is die distrik van 300 000 inwoners amptelik verklaar as uit armoede gelig, met 100 00 werksaam in toerisme-ontwikkeling.

Die sekretaris van die CPC vir die Wulong-distrik, He Qing, sê die toeriste-aantreklikheid van 67,56%-woudbedekking word aangevul met die ontdekking van die Westelike Han-graf nommer 1 in 2023. Dit sluit aan by nog toekennings soos onder meer natuurlike erfenisterrein, beste UNWTO-toerismedorp van 2022, toerisme-oord, toerisme-demonstrasiesone en nasionale gesondheidsorgstatus.

"Natuurlike erfenis is ’n brug om die wêreld te verbind," sê He, en brei uit oor hoe ekologiese en omgewingsbewaring deur drie rooi lyne gehandhaaf word: Ekologiese bewaring,

landbougrondbeskerming en stedelike ontwikkelingsgrense.

Hy wil hê die distrik moet ’n plek van skoonheid wees, soos uitgebeeld deur die luukse Fairy Mountain-oord, wat ’n nedersetting van slegs 300 inwoners was voor ontwikkeling begin het. Nou kan die streek 300 000 besoekers per jaar akkommodeer. Wanneer die hoëspoed-spoorverbinding volgende jaar voltooi is, sal hulle die oord in slegs 30 minute bereik – vanaf direkte binnelandse vlugte na die Xiannvshan-lughawe.

“Dit sal geriefliker vir almal wees,” het hy gesê.

Changzhong sê China het nou ’n nuwe ambisie aangepak, om matige welvaart vir al sy 1,4 miljard burgers teen 2050 te verseker. Proeflopieprogramme het reeds in die Suidoostelike

Demonstrasiesone in die Zhejiang-provinsie begin. Hy sê hierdie programme sal oor die volgende 25

jaar algehele beplanning bevorder, om elke individu te mobiliseer en gebalanseerde ontwikkeling na sentraal- en westelike China te bring. Bevordering van die regering en markkragte sal voortdurend verbeter en wanbalanse tussen stedelike en landelike gebiede vernou deur die bou van openbare infrastruktuur, modernisering, tegnologiese verbeterings en beter bestuur, brei die akademikus uit.

Nuwe energie-ontwikkeling is die sleutel en Changzhong beklemtoon die witskrif oor energie-oorgang wat deur die Chinese regering op 29 Augustus uitgereik is.

“Wat ons nodig het, sal ons ontwikkel. Hindernisse sal ons oorkom. Wat die wêreld vereis, sal ons by ander lande probeer leer,” sê hy.

Maar ’n besoek aan die Seres-vervaardigingsaanleg vir elektriese voertuie in die Shapingba-distrik van Chongqing, wys dat China reeds meer weet as baie ander lande in die wêreld. Hoëtegnologie-robotwerkstasies verskyn nou regdeur die Seres-aanleg, nadat die maatskappy begin het deur slegs ’n enkele tipe sitplekveer in 1986 te vervaardig.

Jong mense oorheers die produksievloer en versorg hul robotwerkstasies met ywer om die maatskappy se vlagskip hibriede AITO M5-voertuie te vervaardig. Die M5 kan vanaf stilstand tot 100 km/h in vier sekondes versnel en 1 400 km aflê op ’n vol tenk en ’n vol gelaaide battery.

Ter opsomming, dink ek China se ambisie is net gelyk aan China se prestasies, antieke en moderne China is dieselfde China en die toekoms van China is die toekoms van die wêreld.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-09-17

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Currie Cup: Vodacom Bulls 40 vs 40 Hollywoodbets Sharks XV | Fidelity ADT Lions 43 vs 34 Toyota Cheetahs XV Premier League: Wolves 1 vs 2 Newcastle | Tottenham Hotspur 0 vs 1 Arsenal | Bournemouth 0 vs 1 Chelsea | Aston Villa 3 vs 2 Everton | Manchester City 2 vs 1 Brentford | Liverpool 0 vs 1 Nottingham Forest | Fulham 1 vs 1 West Ham | Crystal Palace 2 vs 2 Leicester City | Brighton 0 vs 0 Ipswich Town | Southampton 0 vs 3 Manchester United LaLiga: Mallorca 1 vs 0 Real Sociedad | Rayo Vallecano 3 vs 1 Osasuna | Atletico Madrid 3 vs 0 Valencia | Las Palmas 2 vs 3 Athletic Club | Girona 1 vs 4 Barcelona | Celta Vigo 3 vs 1 Real Valladolid | Real Sociedad 0 vs 2 Real Madrid | Sevilla 1 vs 0 Getafe | Espanyol 3 vs 2 Deportivo Alaves | Mallorca 1 vs 2 Villarreal SerieA: SS Lazio 2 vs 1 Hellas Verona | Parma 2 vs 3 Udinese | Monza 1 vs 1 Inter Milan | Cagliari 0 vs 4 Napoli | Torino 0 vs 0 Lecce | Atalanta 3 vs 2 Fiorentina | Genoa 1 vs 1 AS Roma | AC Milan 4 vs 0 Venezia | Empoli 0 vs 0 Juventus | Como 2 vs 2 Bologna European Championships Qualifying: Portsmouth 0 vs 3 West Bromwich Albion | Watford 1 vs 1 Coventry City | Swansea City 1 vs 0 Norwich City | Sheffield Wednesday 1 vs 1 Queens Park Rangers | Plymouth Argyle 3 vs 2 Sunderland | Middlesbrough 1 vs 1 Preston North End | Derby County 1 vs 0 Cardiff City | Blackburn Rovers 3 vs 0 Bristol City | Oxford United 1 vs 0 Stoke City | Millwall FC 0 vs 1 Luton Town | Leeds United 0 vs 1 Burnley English Championship: Portsmouth 0 vs 3 West Bromwich Albion | Watford 1 vs 1 Coventry City | Swansea City 1 vs 0 Norwich City | Sheffield Wednesday 1 vs 1 Queens Park Rangers | Plymouth Argyle 3 vs 2 Sunderland | Middlesbrough 1 vs 1 Preston North End | Derby County 1 vs 0 Cardiff City | Blackburn Rovers 3 vs 0 Bristol City | Oxford United 1 vs 0 Stoke City | Millwall FC 0 vs 1 Luton Town | Leeds United 0 vs 1 Burnley Katima Mulilo: 21° | 40° Rundu: 20° | 41° Eenhana: 17° | 37° Oshakati: 18° | 36° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 22° | 34° Otjiwarongo: 16° | 33° Omaruru: 13° | 33° Windhoek: 13° | 31° Gobabis: 13° | 33° Henties Bay: 10° | 16° Wind speed: 25km/h, Wind direction: S, Low tide: 13:51, High tide: 07:54, Low Tide: 02:00, High tide: 20:24 Swakopmund: 12° | 13° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 13:49, High tide: 07:52, Low Tide: 02:00, High tide: 20:22 Walvis Bay: 11° | 18° Wind speed: 32km/h, Wind direction: SW, Low tide: 13:49, High tide: 07:51, Low Tide: 02:00, High tide: 20:21 Rehoboth: 10° | 32° Mariental: 12° | 30° Keetmanshoop: 13° | 29° Aranos: 11° | 31° Lüderitz: 11° | 24° Ariamsvlei: 13° | 29° Oranjemund: 9° | 17° Luanda: 20° | 21° Gaborone: 18° | 34° Lubumbashi: 17° | 37° Mbabane: 15° | 35° Maseru: 9° | 22° Antananarivo: 11° | 28° Lilongwe: 21° | 32° Maputo: 21° | 37° Windhoek: 13° | 31° Cape Town: 11° | 13° Durban: 18° | 24° Johannesburg: 17° | 27° Dar es Salaam: 24° | 28° Lusaka: 22° | 36° Harare: 18° | 32° Currency: GBP to NAD 23.15 | EUR to NAD 19.59 | CNY to NAD 2.49 | USD to NAD 17.64 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.29 | EGP to NAD 0.36 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.65 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.21 | RUB to NAD 0.19 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 131.99 | USD to AOA 926.34 | USD to BWP 13.22 | USD to EGP 48.35 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1647.13 | USD to ZAR 17.58 | USD to ZMW 26.49 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1787.81 Up +0.05% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13998.92 Up +0.82% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30260.24 Down -0.78% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9625.57 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 569.59/OZ DOWN -0.0055 | Copper US$ 4.26/lb UP +0.37% | Zinc US$ 2 940.00/T UP 0.05% | Brent Crude Oil US$ 73.87/BBP UP +0.84% | Platinum US$ 983.31/OZ UP +0.01% Sport results: Currie Cup: Vodacom Bulls 40 vs 40 Hollywoodbets Sharks XV | Fidelity ADT Lions 43 vs 34 Toyota Cheetahs XV Premier League: Wolves 1 vs 2 Newcastle | Tottenham Hotspur 0 vs 1 Arsenal | Bournemouth 0 vs 1 Chelsea | Aston Villa 3 vs 2 Everton | Manchester City 2 vs 1 Brentford | Liverpool 0 vs 1 Nottingham Forest | Fulham 1 vs 1 West Ham | Crystal Palace 2 vs 2 Leicester City | Brighton 0 vs 0 Ipswich Town | Southampton 0 vs 3 Manchester United LaLiga: Mallorca 1 vs 0 Real Sociedad | Rayo Vallecano 3 vs 1 Osasuna | Atletico Madrid 3 vs 0 Valencia | Las Palmas 2 vs 3 Athletic Club | Girona 1 vs 4 Barcelona | Celta Vigo 3 vs 1 Real Valladolid | Real Sociedad 0 vs 2 Real Madrid | Sevilla 1 vs 0 Getafe | Espanyol 3 vs 2 Deportivo Alaves | Mallorca 1 vs 2 Villarreal SerieA: SS Lazio 2 vs 1 Hellas Verona | Parma 2 vs 3 Udinese | Monza 1 vs 1 Inter Milan | Cagliari 0 vs 4 Napoli | Torino 0 vs 0 Lecce | Atalanta 3 vs 2 Fiorentina | Genoa 1 vs 1 AS Roma | AC Milan 4 vs 0 Venezia | Empoli 0 vs 0 Juventus | Como 2 vs 2 Bologna European Championships Qualifying: Portsmouth 0 vs 3 West Bromwich Albion | Watford 1 vs 1 Coventry City | Swansea City 1 vs 0 Norwich City | Sheffield Wednesday 1 vs 1 Queens Park Rangers | Plymouth Argyle 3 vs 2 Sunderland | Middlesbrough 1 vs 1 Preston North End | Derby County 1 vs 0 Cardiff City | Blackburn Rovers 3 vs 0 Bristol City | Oxford United 1 vs 0 Stoke City | Millwall FC 0 vs 1 Luton Town | Leeds United 0 vs 1 Burnley English Championship: Portsmouth 0 vs 3 West Bromwich Albion | Watford 1 vs 1 Coventry City | Swansea City 1 vs 0 Norwich City | Sheffield Wednesday 1 vs 1 Queens Park Rangers | Plymouth Argyle 3 vs 2 Sunderland | Middlesbrough 1 vs 1 Preston North End | Derby County 1 vs 0 Cardiff City | Blackburn Rovers 3 vs 0 Bristol City | Oxford United 1 vs 0 Stoke City | Millwall FC 0 vs 1 Luton Town | Leeds United 0 vs 1 Burnley Weather: Katima Mulilo: 21° | 40° Rundu: 20° | 41° Eenhana: 17° | 37° Oshakati: 18° | 36° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 22° | 34° Otjiwarongo: 16° | 33° Omaruru: 13° | 33° Windhoek: 13° | 31° Gobabis: 13° | 33° Henties Bay: 10° | 16° Wind speed: 25km/h, Wind direction: S, Low tide: 13:51, High tide: 07:54, Low Tide: 02:00, High tide: 20:24 Swakopmund: 12° | 13° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 13:49, High tide: 07:52, Low Tide: 02:00, High tide: 20:22 Walvis Bay: 11° | 18° Wind speed: 32km/h, Wind direction: SW, Low tide: 13:49, High tide: 07:51, Low Tide: 02:00, High tide: 20:21 Rehoboth: 10° | 32° Mariental: 12° | 30° Keetmanshoop: 13° | 29° Aranos: 11° | 31° Lüderitz: 11° | 24° Ariamsvlei: 13° | 29° Oranjemund: 9° | 17° Luanda: 20° | 21° Gaborone: 18° | 34° Lubumbashi: 17° | 37° Mbabane: 15° | 35° Maseru: 9° | 22° Antananarivo: 11° | 28° Lilongwe: 21° | 32° Maputo: 21° | 37° Windhoek: 13° | 31° Cape Town: 11° | 13° Durban: 18° | 24° Johannesburg: 17° | 27° Dar es Salaam: 24° | 28° Lusaka: 22° | 36° Harare: 18° | 32° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.15 | EUR to NAD 19.59 | CNY to NAD 2.49 | USD to NAD 17.64 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.29 | EGP to NAD 0.36 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.65 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.21 | RUB to NAD 0.19 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 131.99 | USD to AOA 926.34 | USD to BWP 13.22 | USD to EGP 48.35 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1647.13 | USD to ZAR 17.58 | USD to ZMW 26.49 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1787.81 Up +0.05% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13998.92 Up +0.82% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30260.24 Down -0.78% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9625.57 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 569.59/OZ DOWN -0.0055 | Copper US$ 4.26/lb UP +0.37% | Zinc US$ 2 940.00/T UP 0.05% | Brent Crude Oil US$ 73.87/BBP UP +0.84% | Platinum US$ 983.31/OZ UP +0.01%