Water security
Water security

‘Ambisieuse plan’ vir watersekerheid

Begrotingsverhoging van 20% voorgestel
Minister Calle Schlettwein het gesê klimaatsverandering het 'n beduidende impak op die watervoorsieningsiklus.
Yandi Du Plessis
Ellanie Smit – ’n Internasionale hoëvlakpaneel oor waterbeleggings vir Afrika het voorgestel dat ’n bykomende US$2 miljard per jaar van Afrika-regerings gemobiliseer kan word deur ’n begrotingsverhoging van 20% vir watersekerheid en sanitasie.

Só het Calle Schlettwein, die minister van landbou, water en grondhervorming by die Wêreldwaterweek in Stockholm, Swede, gesê.

“Tydens die VN-waterkonferensie het die Afrika-Unie-kommissie en die hoëvlakpaneel hul verslag getiteld ‘Africa's Rising Investment Tide’ bekend gestel wat paaie uiteensit vir die mobilisering van ’n bykomende US$30 miljard per jaar om die waterbeleggingsgaping in Afrika te sluit d.m.v. die Kontinentale Afrika-waterbeleggingsprogram.”

Schlettwein het gesê die beleggingsplan sal spesifieke aksies uiteensit wat nodig is om US$30 miljard per jaar teen 2030 te mobiliseer in bykomende finansiering vir watervoorsieningsekerheid en volhoubare sanitasie in Afrika.

DRIE PROBLEME

Hy het gesê hoewel hierdie ambisieuse plan nodig is, staar die wêreld ’n driefase-krisis in die gesig.

“Eerstens het ons die klimaatsveranderingskrisis. Die gevolge is nou duidelik sigbaar met droogtes en vloede se verhoogde intensiteit, storms buite seisoen, intense veldbrande en gevolglike oorstromings, ongekende hittegolwe, gletsers wat smelt en stygende seevlakke.”

Schlettwein het gesê hierdie klimaatsveranderinge het ’n beduidende impak op die watervoorsieningsiklus.

Hy het gesê tekortkominge in die vereiste finansiering om klimaatsverandering en verwante aspekte van watersiklus te takel, bly beduidend.

“Die voorstel om binnelandse finansiële hulpbronne op te skerp is deurslaggewend, maar sal geensins alles oplos nie. Ons red ’n wêreldkrisis wat globale oplossings vereis, insluitend die finansiële behoeftes vir die wateragenda.”

Schlettwein het gesê die skuldkrisis, uitruilneigings en finansiële reëls bevorder ongelykheid en bedreig toekomstige vooruitsigte vir ontwikkelende ekonomieë.

Hy het gesê dit is veral relevant vir Afrika, met sy jong bevolking, waar ’n gunstige ekonomiese klimaat vir kwaliteit ekonomiese groei en werkskepping broodnodig is om die welvaart van jong burgers te verseker.

Die minister het derdens gesê: “Ons is in ’n politieke krisis met toenemende politieke onstabiliteit.”

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-16

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 31° Rundu: 20° | 34° Eenhana: 21° | 34° Oshakati: 23° | 33° Ruacana: 20° | 30° Tsumeb: 21° | 33° Otjiwarongo: 20° | 31° Omaruru: 25° | 34° Windhoek: 20° | 31° Gobabis: 21° | 33° Henties Bay: 16° | 24° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 23° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 22° | 38° Aranos: 23° | 36° Lüderitz: 16° | 28° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 20° | 34° Lubumbashi: 18° | 33° Mbabane: 16° | 31° Maseru: 14° | 30° Antananarivo: 13° | 32° Lilongwe: 19° | 32° Maputo: 19° | 33° Windhoek: 20° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 27° Johannesburg: 16° | 29° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 19° | 29° Harare: 16° | 26° #REF! #REF!