No Image Caption

Artemis 1 se lansering op nipper uitgestel

Alle oë was gister op die Kennedy-ruimtesentrum in Florida gerig vanwaar die Orion-ruimtetuig en die kragtige Space Launch System (SLS)-vuurpyl van die Amerikaanse Ruimte-agentskap (Nasa) gelanseer sou word.

Die Artemis 1-sending moes egter op die nippertjie gekanselleer word toe enjinprobleme ondervind is, en sal nou op 2 of 5 September plaasvind.

Hierdie sending is meer as 50 jaar ná die Apollo-era en die maanlanding van groot belang vir die mensdom aangesien Amerika met die Artemis-program vir lang tydperke mense op die Maan en Mars wil plaas. FOTO REUTERS

Kommentaar

Republikein 2025-04-16

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer