AU veroordeel lugaanvalle in Gasa
Die voorsitter van die Afrika-unie (AU) se kommissie oor die situasie in Gasa, Moussa Faki Mahamat, het Israel se volgehoue lugaanvalle op Gasa waarin meer as 30 Palestyne, insluitend ses kinders, die afgelope dae dood is, skerp veroordeel.
Hy sê die teiken van burgerlikes en die voortgesette onwettige besetting deur Israelse veiligheidsmagte van die Besette Gebiede, is ‘n skrille skending van internasionale reg, en bemoeilik die soeke na 'n regverdige en blywende oplossing.
Mahamat het die AU se “onwrikbare steun” aan die Palestynse volk in hul wettige strewe na 'n onafhanklike en soewereine staat met Oos-Jerusalem as hoofstad, herbevestig.
Hy het verder “die dringende behoefte aan hernude en egte internasionale pogings om 'n regverdige en blywende oplossing te vind”, benadruk en gesê dit moet gegrond wees op die reg van die bestaan van twee state, Israel en Palestina, binne die raamwerk van relevante bestaande verbintenisse met die AU en die Verenigde Nasies (VN).
Israel en Palestynse militante het intussen tot ‘n skietstilstand in Gasa ingestem, wat om 20:00 Sondag begin het. Dit volg nadat afgevaardigdes van Egipte Sondagoggend in Gasa aangekom het vir bemiddelingsgesprekke.
Die hernude geweld wek kommer by wêreldmoondhede. Reuters berig Amerika het gesê hy steun Israel se reg om hom te verdedig en moedig alle betrokkenes aan om te verhoed dat die geweld toeneem.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie