Belgiese koning kuier in Namibië
Diamanthandel, groen waterstof en haweontwikkeling bespreek
Koning Phillippe vergader met president Nangolo Mbumba en volg samewerkingsprojekte op.
Die Belgiese koning Philippe van België is tans op ˊn staatsbesoek in Namibië saam met die Belgiese minister van energie, Tinne Van der Straeten, die hoof van die Belgiese ontwikkelingsgemeenskap, Jean Van Wetter, asook personeel van sy kantoor en die Belgiese ambassade in Kaapstad. Hy sal vandag die Cleanergy-vennootskap deur die Belgiese verskepingsreus CMB.TECH en die plaaslike maatskappy Ohlthaver & List besoek.
Volgens president Nangolo Mbumba werk Namibië en België saam op die gebiede van omgewingsbestuur, toerisme, hawe ontwikkeling en buitelandse sake.
“Namibië is op die rand van ‘n moontlike opleweing in energie in die tradisionele waterstofsektor gegewe die onlangse opwindende ontdekkings van olie en gas in ons oseane. Ons sien hierdie ontdekkings as aanvullend tot ons kollektiewe strewe na die oorgang na skoner bronne van energie soos groen waterstof,” het president Mbumba gesê. “Ons sien die tradisionele olie en gassektor as ‘n oorgang, terwyl skoner energiebronne bedoel is om ‘n klimaatvriendelike groen toekoms in te lei,” aldus Mbumba.
Mbumba het verwys na die ooreenkoms wat in November 2021 by COP26 onderteken is en wat Namibië en Belglië tot samewerking met betrekking tot groenwaterstof verbind. In Junie 2022 is 'n ooreenkoms tussen NamPort en die Antwerpen-Brugge Internasionale hawe aangegaan om Namibië se hawens te ontwikkel.
Mbumba het ook verwys na die besluit van die G7 om diamantverkope na G7 lidlande deur België se herlei.
"Die besluit sluit hou 'n ernstige risiko en bedreiging vir ons ekonomieë in Angola, Botswana en Namibië, in deur koste te verhoog en ook die inkorting van die vryheid van handel vir ons lande. In dié verband het ons dringend dialoog versoek om 'n wedersyds voordelige oplossing te vind. U Majesteit, ons hoop om op u ondersteuning en die begrip van die koninkryk van België staat te maak,” het Mbumba gesê. België is die grootste invoerder van Namibiese produkte in die Europese Unie. Koning Phillippe sal na verwagting Vrydagoggend vanaf die lughawe op Walvisbaai die land verlaat. - [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie