President Nangolo Mbumba en Chinese president Xi Jinping.
Foto Namibian Presidency
President Nangolo Mbumba en Chinese president Xi Jinping. Foto Namibian Presidency

China verbind hom tot meer as N$1 mjd. se hulp

Augetto Graig
President Nangolo Mbumba is terug van China nadat hy die Forum vir China-Afrika-samewerking bygewoon het en namens Namibië aan ’n bilaterale vergadering met die Chinese president, Xi Jinping, deelgeneem het.

Mbumba het op 5 September aan Xi gesê die omvattende strategiese vennootskap vir samewerking tussen Namibië en China bied ’n raamwerk vir albei lande se ontwikkelingsdoelwitte.

Namibië wil leer uit China se kundigheid in tegniese en beroepsopleiding vir die jeug, en soek hulp met inligting- en kommunikasietegnologie, tesame met direkte buitelandse beleggings van toonaangewende Chinese maatskappye.

Namibië wil nou saam met China werk aan groenwaterstofontwikkeling, sonkragopwekking, hidrokrag, windkrag en kernkrag, het Mbumba gesê.

Dit “om waarde toe te voeg tot uraan, vir die vreedsame ontwikkeling van kernkrag en ander energiebronne,” volgens ’n onlangse verklaring van die kantoor van die president.

Mbumba is ook op soek na samewerking met China om tegnologie vir slim stede in Namibië te help vestig om veiligheid te verseker, lui die verklaring.

SKENKINGS VIR PROJEKTE

Xi het sy land tot N$1 miljard verbind om behuising aan Namibiese polisielede te verskaf, met ’n tegniese afvaardiging wat die uitvoerbaarheidstudies vir die projek kom uitvoer het.

Nog N$500 miljoen se skenkings word vir ander projekte beskikbaar gestel. Vir droogtehulp bewillig China sowat N$50 miljoen se hulp.

Tydens sy besoek was Mbumba ook die eregas by ’n dinee wat aangebied is deur Cai Qi, ’n lid van die CPC sentrale komitee se staande komitee vir die politieke buro, en die sentrale komitee se sekretariaat.

Vroeër het Mbumba vergaderings met sakeleiers gehad waar nywerheidsontwikkeling en die modernisering van landbou oorkoppelende onderwerpe was.

Mbumba was een van 53 Afrika-leiers, of hul verteenwoordigers, wat aan die forum deelgeneem het.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-12-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 24° | 37° Rundu: 19° | 33° Eenhana: 21° | 25° Oshakati: 20° | 26° Ruacana: 21° | 27° Tsumeb: 20° | 27° Otjiwarongo: 17° | 25° Omaruru: 20° | 31° Windhoek: 19° | 27° Gobabis: 19° | 27° Henties Bay: 16° | 22° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 22° Rehoboth: 21° | 32° Mariental: 24° | 35° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 23° | 35° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 20° | 34° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 20° | 29° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 28° Antananarivo: 13° | 32° Lilongwe: 22° | 34° Maputo: 23° | 39° Windhoek: 19° | 27° Cape Town: 18° | 22° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 22° | 35° Harare: 22° | 33° #REF! #REF!