Chinese ambassadeur besoek Usakos, Karibib

Wil in modernisering belê
China stel glo belang in kommersiële aktiwiteite in Usakos, soos minerale en hulpbronne, historiese geboue, onderwys, boerdery en landbou.
Yandi Du Plessis
Shaldon Johannes - Die Chinese ambassadeur in Namibië, Zhao Weiping, het onlangs besoek aan Usakos en Karibib afgelê met die doel om die dorpe se ekonomiese landskappe te beoordeel en vriendskaplike verhoudings met inwoners te kweek.

Zhao is vergesel deur die diplomaat Wei Jinming tydens die amptelike besoek aan die twee dorpe in die Erongostreek.

Tydens die besoek was die ambassadeur gretig om te leer oor die maatskaplike en ekonomiese ontwikkeling van die twee dorpe en het met Usakos se burgemeester, Irene Simeon-Kurtz, asook burgemeester Davey van Wyk van Karibib, vergader.

Zhao het ook gemeenskaplike fasiliteite in Usakos en die Ebenhaeser-skool in Karibib besoek.

MODERNISERING

Usakos het 3 000 inwoners en voldoende grond beskikbaar vir verdere ontwikkeling en modernisering.

Zhao het gesê die ambassade is gretig om Usakos se belangrikste ekonomiese sektore te assesseer.

“Ons stel belang in kommersiële aktiwiteite in Usakos, minerale en hulpbronne, historiese geboue, onderwys, boerdery en landbou. Die doel is om in die modernisering van die dorp te belê.”

Simeon-Kurtz het gesê sy sien uit na nog besoeke van dié aard.

"In die toekoms wil ons meer inisiatiewe soos hierdie sien. Die Usakos-dorpsraad is gereed om samewerking in hierdie verband te bied. Ons regering se vriendskap met China is een wat diep gewortel is," het sy gesê.

"Ons strategiese vennootskap met China het nou volwassenheid bereik en bied wedersydse respek, wedersydse voordele en wedersydse ontwikkeling."

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!