Egoli-aktrise dood in huis aangetref
Die 51-jarige Esta TerBlanche se lyk is Vrydag in haar huis in Los Angeles in die Verenigde State van Amerika gevind.
TerBlanche het in 1991, op die ouderdom van 18 beroemdheid verwerf vir haar rol as Bienkie Naudé in die gewilde TV-sepie, Egoli. Sy het die rol tot en met 1995 vertolk waarna sy na Amerika verhuis het.
Haar broer het oor die naweek die nuus aan Netwerk24 bevestig en gesê dat die owerhede nie selfdood of enige misdaad vermoed nie. Sy was glo ook nie sieklik gewees nie.
’n Nadoodse ondersoek is glo geskeduleer om die oorsaak van haar dood vas te stel.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie