Elon Musk het nou al byna $20 miljard se Tesla-aandele verkoop
Die wêreld se rykste mens is nou die eerste keer in ’n lang tyd minder as $200 miljard werd.
Dit kom nadat Elon Musk, uitvoerende hoof en hoofaandeelhouer van Tesla, onlangs nóg 19,5 miljoen aandele in diê vervaardiger van elektriese motors en rugsteunbatterye verkoop het.
Die aandele is sowat $3,95 miljard werd en die transaksie is op 4, 7 en 8 November gedoen, volgens die openbare inligting van die VSA se Securities and Exchange Commission.
Die jongste transaksies bring die totale waarde van Tesla-aandele wat Musk sedert April verkoop het, op $19,45 miljard te staan.
Volgens Forbes se lys van die wêreld se rykstes wat heeltyd bygewerk word, is Musk nou $197,4 miljard werd, 2% armer as voordat hy die aandele verkoop het. Hy bly wel steeds die rykste mens.
Bron: Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie