Finse president besoek Namibië

Tanja Bause
Jemima Beukes - Sauli Niinistö, die president van Finland, se tweedaagse besoek aan Namibië kom vandag tot ’n einde. Tydens dié besoek het hy opgemerk dat sy land Namibië al bystaan sedert 1917 – toe Finse sendelinge in die land aangekom het en die grondslag gelê het vir die noue band wat die twee lande vandag nog geniet.

Hy het ook daarop gewys dat hulle ’n bondgenoot vir Namibië was tydens sy onafhanklikheidstryd en die eerste land was om diplomatieke bande te vorm. Niinistö is vergesel deur ’n sake-afvaardiging wat in die land was om nuwe samewerkingsgeleenthede met Namibië te ondersoek.

Intussen het Leena Viljanen, die ambassadeur van Finland in Namibië, gesê die afvaardiging kyk na geleenthede in die groenwaterstofsektor sowel as mynbou.

“Vir die twee dae het hulle die betrokke ministers ontmoet en op die oomblik het ons veral belangstelling van maatskappye in die groenwaterstofsektor,” het sy gesê.

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!