Gelykheid in gesag (miskien) in 130 jaar
Vroue, meisies helfte van wêreldbevolking
Nie minder as 53 van die 251 Volhoubare Ontwikkelingsdoelwitte (SDG's) verwys direk na geslagsgelykheid, vroue en meisies.
Henriette Lamprecht
Vroue en meisies verteenwoordig die helfte van die wêreld se bevolking, maar tog word hul volle potensiaal steeds nie benut nie.
Te dikwels is hulle die slagoffers van seksuele of fisieke mishandeling en uitbuiting, word gedreig met skadelike tradisies en praktyke, die reg tot onderrig en gesondheidsorg ontsê, teen gediskrimineer wanneer dit by werkskepping kom en ook dikwels daarvan weerhou om deel te neem aan politieke prosesse en wat insluit om te stem.
Volgens die Verenigde Nasies (VN) Hoëvlak Politieke Forum vir Volhoubare Ontwikkeling, waarborg 143 lande in die wêreld gelykheid tussen mans en vroue.
In die praktyk bestaan geslagsongelykhede steeds in die meeste dele van die wêreld en in sommige gevalle word eerder agtertoe as vorentoe beweeg.
Nie minder as 53 van die 251 Volhoubare Ontwikkelingsdoelwitte (SDG’s) verwys direk na geslagsgelykheid, vroue en meisies. Tog word vroue nie die geleenthede gegun om by besluitnemingsprosesse betrek te word wat juis met dié doelwitte verband hou nie.
Teen 1 September verlede jaar was daar 26 vroue wat as staatshoofde in 24 lande gedien het. Teen die huidige koers sal geslagsgelykheid in die hoogste posisies van mag nie vir ’n verdere 130 jaar bereik word nie. Volgens die forum het 54 (39%) van die 138 organisasies wat oor die afgelope vyf jaar deur Global Health 50/50 gevolg word, nie ’n vroulike uitvoerende hoof of ’n raadsvoorsitter in dié tydperk gehad nie.
Dit maan die voortgesette leierskapgaping tussen vroue en mans kan slegs gesluit word deur sistemiese struikelblokke te takel wat vroue se vooruitgang kniehalter.
Dit is veral belangrik omdat ontluikende bewyse uit die Covid-pandemie toon lande wat deur vroue gelei is, het oor die algemeen beter gevaar in terme van uitkomste deur proaktiewe en gekoördineerde beleidsreaksies in plek te sit.
Vir toekomstige pandemies moet vroue nie net gelyke deelname in Covid-19-reaksie en herstelpogings hê nie, maar ook gelyke besluitnemingsmag en leierskapgeleenthede.
Global Health 50/50 se direkteur, prof. Sarah Hawkes, beklemtoon die kollektiewe versuim om gelykheid in globale gesondheid te lewer, is onteenseglik verbind tot die versuim om gelykheid in stemme, verteenwoordiging en insluiting aan die bopunt van die leer te verseker.
“Ons het dringend feministiese leiers, veral vroue en minderheidsgroepe nodig om op gesondheidsregte, regverdigheid en geslagsgelykheid aan te dring. Beloftes en verbintenisse is nie genoeg nie. Ons het ook sterk stelsels van verantwoordbaarheid nodig om te verseker beloftes wat gemaak is, word gehou,” het sy gesê.
Met verwysing na die impak van die pandemie, sê die forum miljoene dollars vir programme wat gesondheidsdienste aan vroue, meisies en tieners verskaf, is gesny omdat dit met ander prioriteite moes meeding.
Dienste vir seksuele en reproduktiewe gesondheid word ook dikwels ’n opsie eerder as ’n noodsaaklikheid. Ontluikende data beraam vir elke Covid-19-sterfte het meer as twee vroue en kinders hul lewens weens ontwrigtings tot gesondheidstelsels sedert die aanvang van die pandemie verloor.
“Vroue moet ’n gelyke sê in die stelsels hê wat ’n invloed op hul gesondheid en welstand het. Tog het hulle net 25% van die setels in parlemente en beklee ook net 25% van senior posisies in globale gesondheid.”
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie