Grootste sakebesoek nog uit VSA
Volgens die Amerikaanse ambassade in Windhoek is die groep verteenwoordigers van maatskappye uit die VSA wat Namibië vanaf môre besoek die grootste sake- en beleggingsending nog na die land.
Gesante verteenwoordig bedrywe soos konstruksie, ingenieurswese, die energie- en gesondheidsektor.
Groen waterstof maak deel uit van die agenda vir onderhandelinge met die Namibiese regering en plaaslike besighede.
Die groep sakelui word aangevoer deur me. Akunna Cook van die Amerikaanse ministerie van buitelandse sake. Sy is die hoof van ekonomiese diplomasie met Afrika en buitelandse beleid in Suider-Afrika.
Namibië is die laaste bestemming van die missie onder die vaandel Prosper Africa, wat reeds in Kenia, Nigerië en Suid-Afrika aangedoen het.
Volgens die ambassade se saakgelastigde, me. Jessica Long, kan Amerikaanse vaardighede, goedere en dienste ‘n groot bydrae tot Namibië se ontwikkeling lewer. Plaaslike werkskepping, opleiding en maatskaplike opheffing is volgens haar ander kernbestanddele van die VSA se teenwoordigheid.
‘n Netwerksessie sal met entrepreneurs plaasvind oor hoe om hul besighede te vergroot deur middel van uitvoere na SA en die VSA deur middel van USAid se TradeHub.
Die afvaardiging sluit lede van die VSA se handelsministerie, Power Africa en SA se Amerikaanse sakekamer in.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie