Honderde hul werk kwyt ná USAID se onttrekking
Werknemers ‘geskok, teleurgesteld’
Die minister meen Namibië sal sy gesondheidspogings voortsit, ondanks die onttrekking van Amerikaanse hulp.
Byna alle Namibiese personeel in diens van die Amerikaanse agentskap vir internasionale ontwikkeling (USAID), insluitend plaaslike verpleegkundiges wat in agentskap-befondsde programme werk, sal na verwagting hul werk verloor.
Dit kom ná die Trump-administrasie opdrag gegee het dat USAID teen vandag al sy bedrywighede in Namibië moet staak.
Volgens ’n kennisgewing wat Dinsdag uitgereik is, moet USAID-personeel teen die einde van die week op “administratiewe verlof” geplaas word, wat verskeie plaaslike gesondheidsprogramme sonder finansiering en werknemers sonder werk sal laat.
Met die finansiële hulp van die Amerikaanse president se noodplan vir vigsverligting (Pepfar), het die USAID se projek, Global Health Supply Chain Program-Procurement and Supply Management (GHSC-PSM) in Namibië die regering se doelwitte en Pepfar se sleutelinisiatiewe onder die 2016 Treatment Acceleration Plan (TAP) ondersteun.
TAP poog om die MIV-epidemie hok te slaan deur behandeling uit te brei na streke waar die behoefte aan antiretrovirale (ARV)-behandeling die hoogste is.
Dié streke sluit Kavango, Khomas, Ohangwena, Omusati, Oshana, Oshikoto en Zambezi in, met stedelike brandpunte in Gobabis, Grootfontein, Keetmanshoop, Lüderitz, Okahandja, Otjiwarongo, Swakopmund en Walvisbaai.
Die DREAMS (Determined, Resilient, Empowered, AIDS-free, Mentored and Safe)-program wat deur die Amerikaanse regering geborg word, sal ook eindig.
‘SKOK, TELEURSTELLING’
Sommige verpleegsters by staatsklinieke wat deel van die bogenoemde inisiatiewe was, het aan Network Media Hub (NMH) bevestig dat hulle hul werk verloor het.
Namibiese werknemers verbonde aan USAID het ook kennisgewings ontvang wat hulle beveel om by die huis te bly. NMH verstaan dat honderde werknemers hierdeur geraak sal word. Geraakte werknemers sal egter glo steeds drie maande se salarisse betaal word.
Sommige werknemers het hul “teleurstelling, skok en hopeloosheid” oor die aankondiging uitgespreek, maar was huiwerig om verdere besonderhede te verskaf.
USAID se webblad is tans nie operasioneel nie met ’n kennisgewing wat sê dat alle “direkte huurpersoneel” (direct-hire personnel) op verlof geplaas sal word, behalwe diegene wat betrokke is by “missie-sensitiewe funksies, kernleierskap en spesiaal aangewese programme”.
Diegene wat as uitsonderings gelys word, sou glo gister deur die USAID se leierskap in kennis gestel word.
Die kennisgewing lui verder dat die agentskap ’n plan in plek het saam met die Amerikaanse departement van buitelandse sake vir USAID-personeel wat buite Amerika gestasioneer is, om binne 30 dae terug te keer.
Dit verduidelik verder dat die reëlings vir dié reise op ’n geval-tot-geval basis oorweeg sal word met inagneming van persoonlike of gesinsprobleme, mobiliteit, veiligheidskwessies of ander redes.
“Dankie vir jou diens,” sluit die verklaring af.
GROOT IMPAK
USAID versprei miljarde dollars se hulp aan nieregeringsorganisasies, hulpgroepe en organisasies sonder winsbejag wêreldwyd.
In Namibië sal Pepfar-programme soos die DREAMS-projek en ander inisiatiewe vir wees- en kwesbare kinders (OVC) en jeugdiges wat deur vigs geraak word, deur hierdie onlangse verwikkelinge beïnvloed word.
Namibië het ’n 92:99:94-status behaal met betrekking tot die Verenigde Nasies se MIV-teiken van 95:95:95, wat dit een van die top-10-lande maak wat minstens 80% van sy geslagsgaping gesluit het. Dit is volgens die Wêreld- Ekonomiese Forum se Global Gender Gap Report van 2022.
Hierdie prestasies is grootliks deur Pepfar-programme gefasiliteer.
Verlede jaar het Pepfar ’n nuwe vyfjaarprojek getiteld “Reach Namibia” aangekondig wat daarop gemik was om OVC’s te ondersteun en die verspreiding van vigs onder die jeug te bekamp.
Die projek het ’n belegging van N$840 miljoen gehad en sou gesondheidsdienste in agt streke verskaf.
DIT WAS NET ‘AANVULLEND’
Die uitvoerende direkteur van gesondheid en maatskaplike dienste, Ben Nangombe, het voorheen die DREAMS-projek vir die doeltreffende insluiting van adolessente meisies en jong vroue geloof.
Die projek het leiding oor die handhawing van ’n gesonde leefstyl gegee terwyl hulle met MIV/vigs leef.
Nangombe het vroeër vandeesweek erken dat hy navrae oor die impak van die opskorting van die projek ontvang het, maar hy het nie teen die tyd van publikasie gereageer nie.
Walters Kamaya, die woordvoerder van die gesondheidsministerie, het minister Kalumbi Shangula se standpunt herbevestig wat meen dat Namibië sy gesondheidspogings sal voortsit ondanks die onttrekking van Amerikaanse hulp.
Kamaya het USAID se belangrike rol erken, maar beklemtoon dat alle gesondheidsprogramme regeringsinisiatiewe is en ’n integrale deel van die ministerie van gesondheid is.
“Met of sonder hulle sal ons voortgaan om dienste en gesondheidsorg aan ons mense te verskaf. Natuurlik sal die impak gevoel word, maar dit kan nie ’n verskoning wees vir die versuim om dienste te lewer nie,” het hy gesê.
Kamaya het herhaal dat USAID-finansiering as ’n aanvullende hulpbron gedien het en as sodanig beskou moet word.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie