IPPR stel volhoubaarheidsindeks bekend
Finansiering 'n uitdaging
Finansiële ondersteuning vir burgerlike organisasies (CSO's) bly skaars, terwyl die verswakte ekonomie beteken die private sektor is onwillig of nie in staat om te help nie. Volgens 'n verslag deur die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing (IPPR) is dit volgens die volhoubaarheidsindeks vir CSO's laasgenoemde se grootste struikelblok.
IPPR-direkteur Graham Hopwood sê finansiële lewensvatbaarheid is reeds vir 'n geruime tyd 'n probleem vir burgerlike organisasies in die land en die grootste bedreiging waarom so baie dit baie moeilik vind om finansieel volhoubaar te bly.
Hopwood sê Namibië was ook reeds in 'n resessie voordat die Covid-19-pandemie in 2020 in die land uitgebreek het.
"Dinge het baie moeilik gegaan en 'n klomp werksgeleenthede het verlore gegaan."

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie