Israel veg steeds in Gasa
Palestina lewer mondelinge argumente
In Tel Aviv het duisende mense Saterdag teen Benjamin Netanyahu se regering betoog en gevra dat verkiesings gehou word, volgens die nuusagentskap Al Jazeera.
Die Verenigde Nasies (VN) se Internasionale Geregshof (Wêreldhof) in Den Haag, Nederland, het Vrydag beslis dat Israel se oorlog in Gasa en die onlangse aanvalle op die stad Rafah ’n humanitêre nagmerrie eksponensieel sal vererger “met ongekende gevolge in die streek”.
“Hierdie gevaarlike situasie vereis die onmiddellike en die doeltreffende implementering van die voorlopige maatreëls wat die hof in sy bevel van 26 Januarie 2024 aangedui het, wat oraloor die Gasastrook geld, insluitend Rafah, en nie die aanduiding van bykomende voorlopige maatreëls vereis nie.
“Die hof beklemtoon dat Israel steeds verplig is om sy verpligtinge ten volle na te kom ingevolge die Konvensie op Volksmoord en die genoemde bevel, insluitend om die veiligheid en sekuriteit van die Palestyne in die Gasastrook te verseker,” lui Vrydag se verklaring.
Die jongste bevel volg op ’n brief van Suid-Afrika gedateer 12 Februarie, waarin bykomende maatreëls versoek word, en ’n reaksie op dié brief wat Israel op 15 Februarie ingedien is.
Israel het in reaksie weer sy standpunt beklemtoon dat Suid-Afrika se aansoek by die hof van 29 Desember 2023 ’n misbruik van sowel die Konvensie op Volksmoord as van die hof self is.
Volgens Israel verskil die huidige omstandighede waarna Suid-Afrika verwys nie veel van die omstandighede wat hy in sy oorspronklike versoek om voorlopige maatreëls beweer het nie.
Wat Suid-Afrika “’n beduidende ontwikkeling in die situasie in Gasa” noem, sê Israel was “’n beperkte operasie in die nag van 11 Februarie 2024 op militêre teikens” en het die vrylating van twee Israelse gyselaars; Fernando Merman (60) en Luis Har (70) ten doel gehad.
Israel blameer steeds vir Hamas aangesien dié groep Palestynse burgers en burgerlike voorwerpe as skilde gebruik het.
Palestina het gister mondelinge argumente voor die Wêreldhof gelewer. Die nuusagentskap Al Jazeera het Saterdag berig oor intense gevegte in en om Chan Joenis wat duisende mense verder suidwaarts na Rafah laat vlug het. Meer as 1,4 miljoen mense skuil reeds in dié stad.
Israel se premier, Benjamin Netanyahu, het Saterdag weer ’n tweestaatoplossing en ’n onafhanklike Palestynse staat verwerp.
In Tel Aviv het duisende mense Saterdag teen Netanyahu se regering betoog en gevra dat verkiesings gehou word, volgens Al Jazeera.
Terselfdertyd is Chan Joenis en Rafah opnuut aangeval. Aanvalle op Hazbollah langs die Libanon-Israel-grens het ook voortgegaan en
Saterdagaand is die Nasser-hospitaal in Chan Joenis binnegeval terwyl residensiële geboue in die stad gebombardeer is.
Die Nasser-hospitaal is heeltemal buite werking gestel, met meer as 200 pasiënte wat nog binne die hospitaal is.
Sondag is meer as 60 Palestyne in ’n reeks lugaanvalle in die sentrale dele van die Gasastrook na bewering dood sowel as in suidelike gebiede in Rafah en Chan Joenis.
Israelse magte het ook die derde verdieping van die Al-Amal-hospitaal in Chan Joenis met artillerie geteiken.
Die VN se spesiale rapporteur oor Palestina, Francesa Albanese, het Sondag gesê: “Rafah staan as die laaste linie van Palestynse bestaan in Gasa, te midde van die meedoënlose angs wat die mense wat daarin vasgevang is, in die gesig staar.”
Die resolusie wat Algerië voor die VN se veiligheidsraad gebring het, sal na verwagting binnekort oor gestem word en streef na ’n “onmiddellike” wapenstilstand in Gasa.
Die Amerikaanse ambassadeur in die VN, Linda Thomas-Greenfield, het egter reeds gesê: “Indien dit tot ’n stemming kom, sal dit nie aanvaar word nie.”
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie