Japan skenk sowat N$9 m. vir droogtehulp
Die regering van Japan het sowat N$9 miljoen aan die Verenigde Nasies se Wêreldvoedselprogram (WFP) in Namibië geskenk om te help met droogtehulp.
Die oorhandiging van die tjek ten bedrae van US$500 000 is Woensdag deur die ambassadeur van Japan in Namibië, Hisao Nishimaki, aan eerste minister Saara Kuugongelwa-Amadhila in die hoofstad gedoen.
Die verteenwoordiger van WFP in Namibië, Tiwonge Machiwenyika, het Japan bedank vir hul bydrae wat gemeenskappe in die droogtegeteisterde streke van Kunene en Ohangwena sal bystaan in die versengende droogte wat as die ergste in ’n eeu beskryf word.
Voedselkoepons sal oor ’n tydperk van ses maande aan 26 555 mense in dié streke verskaf word.
“Hierdie ruim bydrae sal die Namibiese regering se noodreaksiepogings in droogtegeteisterde gebiede versterk waar die risiko van wanvoeding gemeenskappe en kinders in die gesig staar,” het Machiwenyika gesê.
“Van die geteikende bevolking sal 15 504 mense in die Kunenestreek en 11 051 mense in die Ohangwenastreek by hierdie voedselkoepons baatvind.”
Die eerste minister het erken dat daar risiko’s verbonde is aan die verspreiding van droogtehulpvoedsel in elke streek met voorvalle van diefstal wat reeds aangemeld is, asook dat die stoorgeriewe vir voedsel duur is.
“Met die voedselkoepons kan ons voedsel direk by huishoudings kry,” het sy gesê.
Kuugongelwa-Amadhila het ook beklemtoon dat nie net landelike gebiede droogtehulp moet ontvang nie, maar ook gemeenskappe in stedelike gebiede. Sy het ook ’n beroep op die privaat sektor gedoen om hul beursies vir droogtehulp oop te maak.
Wat die verspreiding van wildsvleis rakende die uitdunning van wild deur die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme betref, het Kuugongelwa-Amadhila bevestig dat die kantoor van die eerste minister slegs die wildsvleisproduk ontvang en versprei.
“Die uitdunning van die wild word deur die omgewingsministerie behartig as deel van die volhoubare bestuur van wildbevolkings tydens die droogte. Daar sal slegs wild uitgedun word om te voed waar nodig.”
Tot dusver is nog net 161 wildsbokke in die Manghetti-omgewing, asook vier olifante, gejag uit die beplande 640 wildsbokke en 83 olifante.
Op ’n vraag oor hoe en waar die wildsvleis versprei sal word, het die eerste minister gesê die abattoirs sal die wildsvleis verwerk en in bevrore pakke van 1,5 kg aan huishoudings versprei waar nodig.
41% NAMIBIëRS VOEDSELONSEKER
Volgens ’n verslag van WFP het Namibië US$14 miljoen nodig om die geraakte Namibiese bevolking tydens die droogte te ondersteun.
WFP voorspel dat 1,26 miljoen Namibiërs (41% van die bevolking) gedurende die droogteseisoen vanaf Oktober 2024 tot Maart 2025 in ’n voedselkrisis- en noodtoestand (IPC3 ) sal wees, insluitend 100 000 mense in nood (IPC4). Dit is byna dubbel die getal mense wat die vorige jaar voedselonseker was (695 000).
WFP Namibië beplan om 274 000 Namibiërs te ondersteun.
Benewens Japan se bydrae, het Maleisië ook N$700 000 vir droogtehulp in Namibië gegee. Dit is Maandag tydens Maleisië se 61ste nasionale dagvieringe deur die waarnemende hoë kommissaris, Mohamad Rameez Yahaya, aangekondig.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie