Die Amerikaanse ambassade in Namibië se saakgelastigde, me. Jess Long. Foto verskaf
Die Amerikaanse ambassade in Namibië se saakgelastigde, me. Jess Long. Foto verskaf

Joernalistiek ‘die beste entstof teen waninligting’

Die 31ste herdenking van die aanvaarding van die Windhoek-deklarasie vir die bevordering van ’n onafhanklike en pluralistiese Afrika-media word vandag gevier.

“Op Wêreldpersvryheidsdag vier ons die vasberadenheid van Namibiese joernaliste en professionele media wat steeds die baken van persvryheid op die Afrika-vasteland is.

“Dié dag dien ook as ’n herinnering aan regerings om persvryheid te verdedig en joernaliste te beskerm,” lui ’n mediaverklaring van die Amerikaanse ambassade in Namibië se saakgelastigde, me. Jess Long.

Die uiteindelike deklarasie was die produk van ’n seminaar wat deur Unesco van 29 April tot 3 Mei 1991 in die Namibiese hoofstad aangebied is.

“Die Windhoek-verklaring van 1991 is aanvaar as 'n bevestiging van persvryheid. Dit was 'n gewaagde en vooruitskouende deklarasie wat gehelp het om die wêreld die afgelope 31 jaar ten goede te verander.”

ONDER DIGITALE BELEG

“In 2021 het Namibië weer eens Afrika se vryste pers gehad en het die 24ste posisie uit 180 lande wêreldwyd op die World Press Freedom Index beklee. Dit is 'n prestasie wat die moeite werd is om te vier,” lui die verklaring.

Vanjaar se tema is “Joernalistiek onder digitale beleg” en fokus op die impak van waarneming op joernalistiek, vryheid van uitdrukking en privaatheid.

“Skadelike sagteware, indringerware en -programme word toenemend teen joernaliste en kampvegters vir menseregte gebruik. Die groeiende gesofistikeerdheid en die onopspoorbaarheid van indringerware stel vrye en onafhanklike joernalistiek in gevaar.”

Long meen dat verantwoordelike joernalistiek waarskynlik die beste entstof teen die virus van waninligting is en dit speel volgens haar ’n noodsaaklike rol om ’n demokrasie lewend te hou.

“Ek wil graag my dank uitspreek aan die joernaliste en mediagemeenskap in Namibië.”

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!