Legendariese Elizabeth II sterf
Koningin Elizabeth II het vanmiddag in die ouderdom van 96 by Balmoral, haar landgoed naby Aberdeen in Skotland, gesterf.
Sy was die wêreld se langsdienende monarg.
Sy het die Britse troon in 1952 bestyg en het in haar 70 jaar as dienende monarg reuse- sosiale verandering in die wêreld beleef.
Haar kinders het hulle na Balmoral gehaas toe dokters vroeër vandag hul kommer oor haar gesondheid bekendgemaak het.
Buckingham Paleis het in ‘n verklaring gesê: “Die Koninging het vanmiddag vreedsaam by Balmoral gesrterf,” berig BBC.
Prins Charles, haar oudste seun, is haar troonopvolger en die nuwe staatshoof van Brittanje.
Groot skares mense drom tans voor Buckingham Paleis in Londen saam.
Foto Getty Images

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie