No Image Caption

Luanda, Vic Falls eersdaags op Fly Namibia-roetes

Ogone Tlhage
Ogone Tlhage

FlyNamibia gaan in ’n poging om sy dienste uit te brei, begin met geskeduleerde vlugte na Luanda in Angola sowel as Victoria Valle in Zimbabwe. Dié vlugte sluit aan by die jongste vlugroete van Windhoek na Lüderitz wat volgens die lugredery se uitvoerende hoof, André Compion, tans goed vaar.

“Ons het nou net die Lüderitz-roete begin en dit doen baie goed. Ons gaan hierdie jaar en is reeds baie ver gevorder, begin met Luanda en ons kyk na Gaborone en Durban,” het Compion gesê.

“Op hierdie stadium is Victoria Valle volgende op ons kaarte,” het hy bygevoeg.

Volgens Compion gaan FlyNamibia in die volgende paar weke ook Walvisbaai tot sy Windhoek-Kaapstaddiens voeg.

Die lugredery gaan ook sy vloot vliegtuie aanvul met die verkryging van nog vier Embraer 145-streekstralers.

“Ons kry binnekort nog vier vliegtuie. Ons is gelukkig met die vliegtuie wat ons tans het en ons gaan daarby hou,” sê Compion.

FlyNamibia bedryf tans die plaaslike vlugte vanaf Eros-lughawe in Windhoek na Ondangwa, Rundu en Katima Mulilo, sowel as vlugte ses keer per week vanaf die Internasionale Lughawe Hosea Kutako na Kaapstad. – [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!