Luanda, Vic-valle eersdaags op Fly Namibia se roetes
Ogone Tlhage – FlyNamibia gaan in ’n poging om sy dienste uit te brei, begin met geskeduleerde vlugte na Luanda in Angola sowel as Victoria-valle in Zimbabwe.
Dié vlugte sluit aan by die jongste vlugroete van Windhoek na Lüderitz wat volgens die lugredery se uitvoerende hoof, André Compion, tans goed vaar.
“Ons het nou net die Lüderitz-roete begin en dit vaar baie goed. Ons gaan hierdie jaar – en is reeds baie ver gevorder – begin met Luanda en ons kyk na Gaborone en Durban,” het Compion gesê.
“In hierdie stadium is Victoria-valle volgende op ons lys,” het hy bygevoeg.
Volgens Compion gaan FlyNamibia in die volgende paar weke ook Walvisbaai tot sy Windhoek-Kaapstad-diens voeg.
Die lugredery gaan ook sy vloot vliegtuie aanvul met die verkryging van nog vier Embraer 145-streekstralers.
“Ons kry binnekort nog vier vliegtuie. Ons is gelukkig met die vliegtuie wat ons tans het en ons gaan daarby hou,” sê Compion.
FlyNamibia bedryf tans die plaaslike vlugte vanaf Eros-lughawe in Windhoek na Ondangwa, Rundu en Katima Mulilo, sowel as vlugte ses keer per week vanaf die Internasionale Lughawe Hosea Kutako na Kaapstad.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie