Moontlike VK-trofeeverbod is ‘skynheilig, rassisties’
Waninligting dryf glo debat
Die aanvaarding van die wetsontwerp sal waarskynlik bewaringsukses in talle Afrika-lande en elders ondermyn, volgens Resource Africa se verslag.
Ellanie Smit- Die wetsontwerp om die invoer van jagtrofeë na die Verenigde Koninkryk (VK) te verbied, is nou by ’n uitgesoekte komitee van die hoërhuis van die Britse parlement – waar ’n gedetailleerde beoordeling van die wetsontwerp sal plaasvind.
Dié beoordelingsfase deur die komitee begin binne ’n paar weke na die wetsontwerp op 16 Junie vir ’n tweede keer voorgelees is en waarna die groep Resource Africa, wat ten gunste van trofeejag is, ’n dokument wat die konsepwet veroordeel aan eweknieë gestuur het.
Die verslag was getiteld “The Hunting Trophys (Import Prohibition) Bill: The risks to conservation, rights and lifelihoods” en beskryf dit as “ten beste skynheilig, en ten ergste neokoloniaal en rassisties”.
Die wetsontwep het ten doel om die invoer van jagtrofeë uit ’n lys van ongeveer 6 000 spesies te verbied en sal trofeë van diere soos leeus, renosters en olifante insluit.
“Oor die afgelope 22 jaar het die VK jagtrofeë ingevoer van slegs 73 dierspesies wat gedek word deur die Konvensie vir die Handel in Bedreigde Spesies (Cites),” lui die verslag.
Daarin word aangevoer dat trofeejag nie ’n groot bedreiging vir enige van hierdie spesies inhou nie.
“Die wetsontwerp is om verskeie redes problematies. Die hoofprobleem – aangesien die wetsontwerp bedoel is om bewaring te ondersteun – is dat dit waarskynlik bewaringsukses in talle Afrika-lande en elders sal ondermyn.”
Die ondermyning van die lewensvatbaarheid van die jagbedryf deur ’n invoerverbod in te stel, verminder die aansporings vir regerings, grondeienaars en plaaslike gemeenskappe om grond as wildhabitat te hou eerder as om dit na gebruike soos landbou om te skakel, lui die dokument verder.
Daarvolgens word die parlementêre debat rondom die wetsontwerp ook gedryf deur uitgebreide waninligting wat diereregte-aktiviste versprei, en verder deur bekende mediapersoonlikhede en sosiale media ondersteun word.
In die verslag word beweer dat die debat kundigheid oor bewaring geïgnoreer het – selfs dié wat deur die Britse regering se eie wetenskaplike raadgewende liggaam verskaf word.
“Die alleenfokus op die beperking van invoer – en die ondermyning van trofeejag elders, maar nie binnelands nie – kom dus diep skynheilig voor. Die Britse regering stuur ’n sein dat wat moreel aanvaarbaar is in die VK, nie aanvaarbaar is in ander lande nie.
“Hy blyk te impliseer dat hy van beter weet, terwyl hy in die praktyk baie het om te leer van die lande wie se bewaringspogings deur hierdie wetsontwerp ondermyn sal word.”
Namibië, Botswana en Tanzanië (wat almal trofeejag gebruik) is byvoorbeeld die topdrielande ter wêreld vir die bewaring van groot soogdiere – terwyl die VK die 123ste plek beklee, het die verslag uitgelig.
Daarvolgens dra trofeejag in Namibië 20% meer tot die nasionale ekonomie by as die hele kleinveeboerderysektor.
’n Groot deel van Namibië se wild kom op gemeenskaplike grond voor wat in die vorm van bewaringsgebiede bestuur word, wat ’n geleentheid vir plaaslike mense bied om ’n inkomste te genereer.
“Slegs 1% van Namibië se diere wat wettig geoes word, word as trofeë geneem. Die res gaan na die wildsvleismark. ’n Trofeedier genereer 20 tot 50 keer meer inkomste as ’n dier wat vir vleis gebruik word.”
Trofeejag is dus ’n noodsaaklike komponent van die wildekonomie-waardeketting.
Die verslag het bygevoeg dat hierdie wetsontwerp met aansienlike teenkanting van nasionale regerings en plaaslike gemeenskappe begroet is, wat dit as die ondermyning van hul gekose bewaringsmodelle beskou.
Botswana, Namibië, Suid-Afrika, Tanzanië, Zambië en Zimbabwe het kommer uitgespreek by die VK se Buitelandse, Statebond en Ontwikkelingskantoor (FCDO) en verklaar dat ’n invoerverbod hul vermoë sal ondermyn om trofeejag in hul wildbestuursprogramme te gebruik. Die regerings het ook die gebrek aan ’n formele konsultasieproses uitgelig.
Die verslag stel voor dat, eerder as om ’n algemene verbod op die invoer van alle jagtrofeë in te stel, ’n beter manier vorentoe sal wees om die invoer van trofeë toe te laat waar bewys kan word dat jag ’n positiewe bydrae tot bewaring en plaaslike mense se lewensbestaan lewer.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie