‘My trane wag elke aand tot na my kinders se slaaptyd’
Palestynse skrywer en joernalis maak hart oop
Jemima Beukes het 'n onderhoud met Bothaina Hamden gevoer om persoonlike insig te kry in die geleefde ervarings van Palestyne in die voortslepende konflik tussen Isreal en Palestina.
Kan jy beskryf hoe die huidige situasie in Palestina jou en jou gesin persoonlik geraak het?
Sedert die aanvalle veral teen Gasa begin het, leef ons ’n kritieke toestand in die Wesoewer. Persoonlik is ons heeltyd bekommerd oor al die mense rondom ons, ons gesinne, bure en onsself. Die Israeliese besettingsmagte (IOF) het verskeie kere per dag en nag my stad Ramallah, waar ek werk, en die dorpie Birzeit, waar ek woon, binnegeval. Hulle het ’n ysterhek aangebring om Birzeit en Ramallah van ander tientalle dorpe te skei. Talle van hierdie dorpies baat by die mediese en staatsdienste in Birzeit en Ramallah.
Die IOF het byvoorbeeld die woonbuurt waar ek werk binnegeval en ’n onskuldige kind vermoor wat in die straat geloop het. Ons ministerie van kultuur moes vroegoggend boodskappe stuur aan alle werknemers wat nog nie die ministerie bereik het nie om weg te bly, en diegene wat reeds daar was om nie uit te kom voor Israel nie onttrek het nie.
Ons, ek en my kollegas, is bang om ons kinders te laat uitgaan. Die wrede moorde in Gasa, die volksmoord, het ons geestelik geraak. Ons voel soms hopeloos aangesien geen van die groot betogings regoor die wêreld ’n skietstilstand teweeg kon bring nie. Nadat miljoene aan protesaksies deelgeneem het, teiken Israel meer en meer burgerlikes, gesinne, hospitale, kinders en selfs babas en vroeggebore babas. Wie kan voorspel waar die soldate gaan stop? Watter huis sal hulle aanval? Wie sal hulle arresteer of doodmaak? Ons wag om te sien wat in die nag gaan gebeur. Hulle skiet, bombardeer en skree.
Die situasie is heeltemal onstabiel. Nadat hulle onttrek het, moet ek probeer slaap en normaalweg wakker word asof niks gebeur het nie, my vrese wegstoot, my kinders skool toe vat, vir hulle totsiens sê. Ek moet myself versterk, hulle alleen laat met die wete dat hulle skool ook nie veilig is nie.
Hoe sou jy jou ervaring in die Wesoewer beskryf?
Werk in die Wesoewer is nie stabiel nie, al my kollegas van buite Ramallah kan nie daar uitkom nie, ek het hulle glad nie gesien sedert die aanvalle begin het nie as gevolg van die Israeliese beleg rondom die Wesoewer tussen stede en dorpe. Baie van my vriende in die private sektor het hul werk verloor – meeste van die organisasies en maatskappye funksioneer nie goed nie. Al wat ons kan doen is om Gasa te help, verslae oor lewensverlies en skade op te stel, en dis nie maklik om inligting oor Gasa in te samel nie. Om ons geliefdes te kontak is so moeilik en dikwels onmoontlik.
Israel het telekommunikasiekrag afgesny en geweier om brandstof Gasa te laat binnegaan. Baie maatskappye probeer om hul gehoor na die buiteland te verskuif en probeer om uitkontraktering te verhoog. Daar is geen tekens van normale lewe nie, al die advertensieborde het verander. Gasa word nou in al die swart advertensieborde geteiken.
Die staatswerknemers het sedert November 2021 nie hul volledige salarisse ontvang nie. Maandeliks neem ons net 85% van ons salarisse en sedert die aanvang van die konflik het 245 000 werknemers in Gasa en die Wesoewer glad nie hul salarisse gevat nie, omdat die Israeliese besettingsowerheid geweier het om die belasting na die Palestynse owerheid oor te plaas. Palestyne sit vas, in Gasa het hulle elke muntstuk nodig om te lewe.
As ’n ma, hoe navigeer jy die uitdagings om die veiligheid en welstand van jou kinders te verseker?
Ek self het twee kinders – Salma is 13 jaar oud en Yousef 10 jaar oud. Ons het om twee hoofredes nêrens heen gegaan vir enige soort vermaak sedert die aanvang van die geweld nie. Eerstens om sielkundige redes, na al die tragiese foto's en nuus uit Gasa, en tweedens om veiligheidsredes. As ’n ma kan ek my nie indink dat een van my kinders iewers in die stad is en iets het gebeur en ek kan nie saam met hulle wees om hulle te probeer beskerm nie.
Ek probeer om nie nuuskanale voor hulle oop te maak nie as gevolg van die aaklige foto's uit Gasa. Soos my dogter sosiale media gebruik, vra ek haar voortdurend om nie video's uit Gasa oop te maak nie. As ek haar vra hoe sy voel wanneer sy iets van Gasa sien, antwoord sy altyd: “Ek sien en deel en niks het my geraak nie, ek is sterk.”
My seun het op 7 November verjaar, hy kon nie wag nie, vir maande het hy sy dag beplan, gesoek na sy gunstelingontwerp vir die koek en die gastelys voorberei. Ek het gedink; hy het tien geword, ek is bly vir hom, maar terselfdertyd nie gelukkig nie. Daar is baie aaklige foto's en geluide van gesinne en kinders in Gasa wat uitgewis word wat nie vergeet kan word nie.
My trane wag elke aand tot na my kinders se slaaptyd voor dit loop. Ja, ek moet huil. Ek moet my vriende bel en daagliks kyk of hulle lewe. Hulle stuur vir my boodskappe of stemboodskappe. “Ons leef nog” of “vergewe ons asseblief, ons is dalk nie môre hier in hierdie lewe nie”. Soms huil ek, maar hou op wanneer ek my kinders hoor roep. Ek het vir my seuntjie gesê: “Hoekom moet jy ’n verjaarsdag reël tydens hierdie moorde op ons mense in Gasa?”
Hy het na my gestaar en gesê: “Wat is die verband tussen my verjaardagpartytjie en dit wat met Gasa gebeur?” Toe hy die verjaardagkers doodblaas, het hy sy oë toegemaak, ’n geheime wens gemaak en gesê: “God, seën alle kinders in Gasa, laat hulle lewe.”
In die agtergrond van elke gelukkige oomblik hou ons ons trane binne. Ek het my tyd spandeer om geld in te samel en nuus deur middel van boodskappe te stuur aangesien hulle nie heeltyd elektrisiteit of internetverbinding het nie.
As ’n vrou, watter spesifieke uitdagings ervaar jy en ander vroue in Palestina?
Ons het die mees prominente probleme vir vroue in Gasa bespreek, soos om groot hoeveelhede pynstiller, menstruasieprodukte en doekies vir persoonlike higiëne aan te hou. Dis vir die swanger vroue hier ’n daaglikse nagmerrie dat hulle hul kraamdatum sal bereik en nie by die hospitaal sal kan uitkom nie as gevolg van daaglikse invalle en kontrolepunte. Die lyding van swanger vroue en kinders in Gasa veroorsaak meer bekommernisse vir vroue hier. My vriendin is swanger en woon in die stad Jenin, waar die situasie soos dié van Gasa is - met daaglikse bombardemente, ’n geskietery en geboue wat afgebreek word.
Sy kan nie die nag deur slaap nie as gevolg van die aaklige geluide van die stad en sy vlugtelingkamp wat aangeval word, en soggens begin haar dag met pynstiller en sy wat probeer om by die werk uit te kom.
Hoe het die konflik jou perspektief op die toekoms en jou aspirasies vir jou gesin beïnvloed?
Om aan die toekoms te dink is oorweldigend hier aangesien ons verwag om aan die IOF se volksmoordoperasie blootgestel te word. Dit is oorweldigend as ouers dink dat hulle eendag nie hul kinders sal kan beskerm nie. Een van my vriende in Gasa het tien kilometer gestap om geld te leen net om brood te koop, en toe hy die geld kry, was die brood op. Sy seun het daardie nag honger gaan slaap.
Dienste word verbied - alle soorte voorrade. Mense is dors en honger. Dit as gevolg van Israel se brutaliteit, en die hele wêreld kan nie die moorde in Gasa stop nie ten spyte van alle groot betogings en die Verenigde State van Amerika en ander vennootlande wat produkte van Israel biokot.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie