’n Stem uit ’n oorlogsone
Oekraïner beskryf hul nagmerrie
Maak nie saak hoeveel keer jy die nuus kyk nie: jy sal nooit die omvang en die ellende van die bloedbad begryp voordat jy dit nie eerstehands by iemand soos Olena gehoor het nie.
Hoofredaksie – Haar naam is Olena. Sy is nog nie 40 haar oud nie, maar sy het al meer gruwels gesien as die meeste mense die afgelope 80 jaar.
Sy bly in Makeevka, ’n dorp 13 km vanaf Donetsk in Oos-Oekraïne waar sowat 300 000 inwoners in harmonie en vrede geleef het voor die bloedbad van 24 Februarie 2022 hul lewens aan flarde geruk het.
Haar pa is nie meer daar nie. Hy is dood, en sy versorg nou haar bejaarde ma en haar sieklike ouma wat al amper 90 jaar oud is.
Maak nie saak hoeveel keer jy die nuus kyk nie: jy sal nooit die omvang en die ellende van die bloedbad begryp voordat jy dit nie eerstehands by iemand soos Olena gehoor het nie.
Dit gaan die verstand te bowe dat die mensdom nog nie geleer het uit die gruwels van twee wêreldoorloë nie. Sy verwys nou na haar herinneringsvolle kinderdae en kleuterjare as “my vorige lewe op aarde”.
Voor 24 Februarie verlede haar, was Olena ’n sprankelende jong vrou met ’n werk waarvoor sy lief was, drome van ’n lieflike toekoms saam met haar gesin en die geur van romanse het in die lug gehang.
Dis nou vervang met die daaglikse reuk van die dood en ’n nagmerrie-bestaan in die bomskuilings onder ’n skoolgebou.
OLENA VERTEL
Met loeiende sirenes om my, wat kinders en bejaardes naarstiglik na veiligheid laat skarrel, moet ek jou vandag vertel van hoe ons van nog ’n lewensaar ontneem is met die opblaas van die Kakhovka-dam in Kherson.
Net mense op die grond sal die rampspoedige gevolge van hierdie verfoeilike daad begryp.
Op televisie vertel hulle jou van hoe meer as 40 000 mense vir hul lewens vlug en die skade wat die malende watermassa aanrig. Maar die werklike impak van die oorlogsmisdaad gaan eers in die komende maande gevoel word. Mense onder die damwal verdrink, en mense bokant die damwal sit sonder water. Kan enige iemand dié wrede ironie verstaan? En die ergste gaan nog kom.
Wetenskaplikes vrees klaar dat die brullende waterinvloei naby Odesa die hawewater gaan ontsout en dat dit katastrofiese gevolge vir dierelewe in die see inhou.
Nog erger is dat planttyd in die vrugbare gebiede naby die dam naderkom en dat daar geen water vir besproeiing gaan wees nie.
Almal weet ons is van die grootste produseerders van graan in die wêreld en dit gaan voedselpryse tot in die fondament skud. Dit gaan internasionale reperkussies hê. Iets om aan te herkou vir mense duisende kilometer van ons af wat dink die oorlog hier raak hulle nie.
En die sielkundige uitwerking van al hierdie grusame dade laat sigbare letsels op die gesigte van oud en jonk. Mediese dienste word tot die uiterste beproef, en sielkundiges sit met die hande in die hare: hoe kan ons ooit berading gee aan al die miljoene wat daarna smag?
Olena het self ondervinding in die sielkundebedryf en sy sien nou om na twee weeskinders.
Ek werk nie meer nie. My werkplek bestaan nie meer nie. Die minste wat ek kan doen, is om na twee onskuldige bloedjies om te sien wat elke dag vra waar hul ouers is omdat net ouma en oupa daar is. Ons gaan in die volgende jare met ’n humanitêre krisis sit waarvan die gevolge onmeetbaar sal wees.
En moenie dink dis net ons wat ontwrig is nie. Dink maar aan al die studente wat hul opleiding moes kortknip en vlug. Onder hulle was ook Namibiese studente. Hierdie oorlog is sinneloos, en dit verpletter die drome van miljoene onskuldige mense in Oekraïne en elders.
As jy een keer gesien het hoe treur ’n ouma met ’n dooie kleinkind in haar arms en jy hoor haar angswekkende geskreeu bokant die geloei van sirenes, kan jy dit nooit weer uit jou geheue wis nie. Dis die permanente letsels van hierdie oorlog wat nooit kan genees of verwyder word nie.
En die laaste strooi is die vraag wat kinders jou elke dag vra. Dis nie “het ons iets om te eet?” nie.
Hulle vra elke oggend: “Gaan ons vandag sterf?”
TROTSE MENSE
Ons is trotse mense. Sout van die aarde en ons was hardwerkend. Ons ken nie die woord “bedel” nie.
Ons versorg mekaar met dit wat ons het. Maar ons het niks meer nie: nie kos nie, nie werk nie, nie water nie en baie selde internet of elektrisiteit. Mediese dienste het gekwyn en die Rooi Kruis en ander internasionale welsyndienste kan net soveel doen om te help.
Ons oorleef op meestal ’n bord koue pap as ons sesuur soos rotte uit die bomskuilings ontsnap. Net om vanaand weer terug te kruip na die hel. Daar vertroos ons mekaar met tradisionele volksgedigte en oorlewingsverhale uit ons ryk geskiedenis en vermaak mekaar met meestal verwronge humor, want dis al wat oor is. Elke aand tel ons mekaar om te bevestig ons vroue en kinders het nog ’n hartverskeurende dag oorleef. Daar is omtrent nie mans om te tel nie, want hulle veg in die voorste linies of doen broodnodige herstelwerk aan infrastruktuur.
Ek skryf hierdie brief op ’n Sondag. Sondae was voor die oorlog ’n dag van hoop, ’n dag om saam met vriende en familie deur te bring. Nou is dit spookagtig stil. Net die geraas van sporadiese artillerievuur in die verte en die desperate gille van kinders wat alle hoop verloor het. Vandag voel soos ’n wrede bespotting van wat ’n Sondag moet wees.
Is daar nog ’n sprankel van hoop in hierdie duisternis?
As julle vanaand ’n bord warm sop en kraakvars brood eet, onthou net julle is geseënd en wees dankbaar daarvoor en asseblief dink aan ons.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie