Namibië ondersteun Wêreldhof
Oorlogsmisdade in Palestina
Die Namibiese regering het die Internasionale Geregshof (Wêreldhof) se besluit verwelkom om die Israelse regering vir oorlogsmisdade in Palestina te vervolg.
Die Namibiese regering het 'n besluit deur die Internasionale Geregshof (ICJ) verwelkom om die Israelse regering vir oorlogsmisdade in Palestina en ingesluit Oos-Jerusalem te vervolg.
Namibië wat ook sy eie voorlegging by die ICJ oor die beweerde volksmoord van Palestyne deur Israel gelewer het, sê sy betrokkenheid by die saak is gedryf deur die land se eie unieke en pynlike geskiedenis van rassediskriminasie en apartheid.
Die Wêreldhof het bevind dat Israel onmiddellik sy teenwoordigheid in die besette Palestynse gebied moet beëindig, alle aktiwiteite vir nuwe nedersettings moet staak, diskriminerende wette herroep en ook vergoeding vir alle skade moet betaal.
Die uitvoerende direkteur in die ministerie vir internasionale betrekkinge en samewerking Penda Naanda, het in 'n verklaring 'n beroep op die internasionale gemeenskap gedoen om die Verenigde Nasies (VN) se Algemene Vergadering en die Veiligheidsraad te gebruik die belangrike regsopinie van die Wêreldhof deur te voer en nakoming te verseker op 'n wyse wat volle agting vir internasionale reg en internasionale regsorgane toon.
"Namibië bly ten volle verbind tot die Palestynse mense se onvervreembare reg tot selfbeskikking. Ons loof die ICJ vir sy deeglike ondersoek van die feite en die wet en doen 'n dringende beroep op die internasionale gemeenskap om die regte van die Palestyne te ondersteun en hulle te beywer om vrede in die streek te bewerkstellig. Namibië doen ook 'n beroep op die VN se Algemene Vergadering, in tandem met die Veiligheidsraad, om vinnig te werk om praktiese stappe te skets om die onwettige besetting te beëindig in ooreenstemming met die raadgewende mening,” lui die verklaring. - [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie