Namibië dring aan op hervorming van VN se veiligheidsraad

Afrika soek permanente en tydelike setels
Selfs die Verenigde Nasies se sekretaris-generaal sê dit is hoog tyd dat Afrika behoorlik verteenwoordig word.
Augetto Graig
Die minister van internasionale betrekkinge en samewerking, dr. Peya Mushelenga, het nie doekies omgedraai toe hy Maandag die veiligheidsraad van die Verenigde Nasies (VN) in New York te woord gestaan het nie.

“Met ’n groot deel van die veiligheidsraad se agenda wat met Afrika verband hou, is dit noodsaaklik dat die kwessie van Afrika wat nie in die permanente kategorie van die raad verteenwoordig word nie, dringend getakel word,” het hy aangevoer.

Namibië ondersteun die gesamentlike standpunt van Afrika dat die vasteland ’n permanente setel in die veiligheidsraad moet beklee, en daarby nog twee tydelike setels.

Mushelenga het die historiese onreg wat Afrika aangedoen is beklemtoon.

“Ons kan nie voortgaan om die vervulling van die begeertes van ons mense, wat poog om gesien en gehoor te word, uit te stel nie.

“Billike geografiese verteenwoordiging is ’n bevestigde langdurige verbintenis van die Verenigde Nasies,” sê hy.

Die minister sê Afrika is al lank geduldig, maar dit beteken nie dat die vasteland met die stand van sake saamstem nie. Selfs Afrika se geduld sal mettertyd opraak, sê hy.

“Afrika het ’n groeiende jeugdemografie, wie se vlak van geduld minimaal is, veral wanneer

hul drome van hoop verpletter word deur die skilpadtempo waarteen die hervorming van die veiligheidsraad getakel word,” waarsku hy.

Hy het ’n beroep op die veiligheidsraad gedoen om vertroue in sy relevansie te herstel deur te doen wat regverdig is.

“Kom ons beëindig die onreg van Afrika se uitsluiting; en laat ons ’n veiligheidsraad lewer wat die mensdom werklik regverdig en sonder diskriminasie dien,” sê hy.

Mushelenga het Sierra Leone se president, Julius Maada Bio, bedank vir die hoëvlak-debat oor die handhawing van internasionale vrede en sekuriteit.

Die gesprek oor die geskiedkundige onreg van Afrika se verteenwoordiging in die VN se veiligheidsraad het insette van onder andere Dennis Francis namens Trinidad en Tobago, en die Universiteit van Pretoria se Sithembile Mbete geniet.

Bio sê dit is onaanvaarbaar dat die wêreld se voorste vrede- en veiligheidsliggaam nie ’n permanente stem vir ’n vasteland van meer as ’n miljard mense het nie.

Terwyl Afrika onderverteenwoordig bly in globale bestuurstrukture, is dit oorverteenwoordig in die uitdagings wat hierdie strukture takel, sê hy.

Byna die helfte van alle landspesifieke of streekkonflikte op die raad se agenda gaan oor Afrika, en dit word dikwels vererger deur gierigheid na Afrika se hulpbronne, sê Bio.

Die sekretaris-generaal van die VN, António Guterres, het gesê dat krake in die grondslag van die wêreldliggaam sedert sy ontstaan ​​in 1945 besig is om te groei tot die benadeling, dooiepunte en stagnasie rondom vandag se dringendste krisisse, en kan nie meer geïgnoreer word nie.

“Daar kan geen wêreldvrede wees sonder Afrika-sekuriteit nie,” sê hy en dat Afrika se bereidwilligheid om tot vrede by te dra bewys word deur meer as 40% van die VN-vredesmagte wat uit Afrikalande kom.

“Afrikalande is dikwels van die eerstes wat hulle vir vrede beywer,” sê hy, maar dat Afrika se pogings tot vrede nie geëwenaar word deur Afrika se verteenwoordiging nie.

“Afrika-stemme, Afrika-insigte en Afrika-deelname moet na vore gebring word deur die Raad se beraadslagings en optrede,” sê Guterres.

China, Frankryk, Rusland, die Verenigde Koninkryk en die Verenigde State van Amerika is permanente lede van die veiligheidsraad, terwyl Switserland, Slowenië, Suid-Korea, Malta, Japan, Guyana en Ecuador met Algerië, Mosambiek en Sierra Leone tans tydelike lede is. – [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-09-12

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 38° Rundu: 21° | 37° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 20° | 37° Ruacana: 18° | 37° Tsumeb: 23° | 35° Otjiwarongo: 18° | 34° Omaruru: 16° | 35° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 17° | 34° Henties Bay: 11° | 16° Wind speed: 23km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:56, High tide: 04:06, Low Tide: 22:25, High tide: 16:22 Swakopmund: 12° | 15° Wind speed: 31km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:54, High tide: 04:04, Low Tide: 22:23, High tide: 16:20 Walvis Bay: 11° | 20° Wind speed: 35km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:54, High tide: 04:03, Low Tide: 22:23, High tide: 16:19 Rehoboth: 15° | 33° Mariental: 15° | 33° Keetmanshoop: 12° | 30° Aranos: 15° | 34° Lüderitz: 10° | 20° Ariamsvlei: 12° | 28° Oranjemund: 9° | 18° Luanda: 21° | 22° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 35° Mbabane: 18° | 34° Maseru: 12° | 30° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 20° | 31° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 11° | 18° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 20° | 34° Harare: 17° | 31° Currency: GBP to NAD 23.31 | EUR to NAD 19.72 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 17.89 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.29 | EGP to NAD 0.36 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.17 | RUB to NAD 0.19 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 132.28 | USD to AOA 925.9 | USD to BWP 13.36 | USD to EGP 48.38 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1626.95 | USD to ZAR 17.9 | USD to ZMW 26.3 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1761.3 Down -1.02% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13926.19 Down -0.17% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30485.63 Up +1.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9625.73 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 524.90/OZ UP +0.51% | Copper US$ 4.18/lb UP +1.14% | Zinc US$ 2 859.80/T UP 2.66% | Brent Crude Oil US$ 71.66/BBP UP +0.76% | Platinum US$ 961.15/OZ UP +0.76% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 20° | 38° Rundu: 21° | 37° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 20° | 37° Ruacana: 18° | 37° Tsumeb: 23° | 35° Otjiwarongo: 18° | 34° Omaruru: 16° | 35° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 17° | 34° Henties Bay: 11° | 16° Wind speed: 23km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:56, High tide: 04:06, Low Tide: 22:25, High tide: 16:22 Swakopmund: 12° | 15° Wind speed: 31km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:54, High tide: 04:04, Low Tide: 22:23, High tide: 16:20 Walvis Bay: 11° | 20° Wind speed: 35km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:54, High tide: 04:03, Low Tide: 22:23, High tide: 16:19 Rehoboth: 15° | 33° Mariental: 15° | 33° Keetmanshoop: 12° | 30° Aranos: 15° | 34° Lüderitz: 10° | 20° Ariamsvlei: 12° | 28° Oranjemund: 9° | 18° Luanda: 21° | 22° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 35° Mbabane: 18° | 34° Maseru: 12° | 30° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 20° | 31° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 11° | 18° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 20° | 34° Harare: 17° | 31° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.31 | EUR to NAD 19.72 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 17.89 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.29 | EGP to NAD 0.36 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.17 | RUB to NAD 0.19 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 132.28 | USD to AOA 925.9 | USD to BWP 13.36 | USD to EGP 48.38 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1626.95 | USD to ZAR 17.9 | USD to ZMW 26.3 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1761.3 Down -1.02% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13926.19 Down -0.17% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30485.63 Up +1.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9625.73 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 524.90/OZ UP +0.51% | Copper US$ 4.18/lb UP +1.14% | Zinc US$ 2 859.80/T UP 2.66% | Brent Crude Oil US$ 71.66/BBP UP +0.76% | Platinum US$ 961.15/OZ UP +0.76%