Namibië klim op persvryheidsranglys
Seychelle beklee topposisie in Afrika
Die feit dat Seychelle 'n hoër telling as Namibië behaal het, sê niks oor mediavryheid in Namibië nie, maar eerder baie oor mediavryheid in Seychelle, het 'n politieke ontleder gesê.
Seychelle het Namibië verbygesteek om die eerste plek as Afrika se vryste pers in te palm.
Terwyl kenners steeds vertroue het in Namibië se houding teenoor die media, bly die land se besluiteloosheid oor sy konsepwetsontwerp op toegang tot inligting sy grootste uitdaging.
Dít volgens Verslaggewers Sonder Grense (RSF), wat daarop gewys het dat terwyl Namibië se persvryheid as ‘n basiese reg in die Grondwet verskans is, kan die wetlike raamwerk verbeter word deur ‘n wet op toegang tot inligting – wat al vir ’n geruime tyd beloof word. Nog ’n bekommernis is dat bepalings oor die beskerming van bronne tans ook onvolledig is.
PRYSENSWAARDIG
Die politieke ontleder mnr. Graham Hopwood het gesê Seychelle het op die ranglys geklim danksy die liberalisering van die politieke situasie in daardie land, wat ‘n meer “oop” atmosfeer geskep het.
Dit sluit die feit in dat Seychelle ook sy wet op toegang tot inligting goedgekeur het en volgens RSF het die eilandstaat “media-instellings in staatsbesit wat nie meer skroom om die regering te kritiseer of om oor korrupsie en nepotisme te berig nie”.
“Namibië kan trots wees dat ons met ses plekke tot die 18de posisie op die ranglys geklim het, terwyl ander Afrikalande soos Botswana en Ghana op die indeks geval het.
Namibië moet egter steeds aan sekere kwessies werk, soos onder meer die aanvaarding en inwerkingstelling van ‘n wet op toegang tot inligting; die transformasie van die NBC van ‘n staatsuitsaaier na ‘n openbare diensuitsaaier; doeltreffende reaksie op die ekonomiese krisis in die media wat deur digitalisering veroorsaak word; en om die gehalte en professionaliteit van joernalistiek in die algemeen te verbeter,” het Hopwood gesê.
Hy het bygevoeg wat mediavryheid betref, is Namibië in die algemeen op die regte pad en gesê as die land die toegang tot inligtingstelsel binne die volgende 12 maande in werking kan stel, kan hy weer ’n hoër posisie op die ranglys beklee.
‘NIE SLEGTER DAARAAN TOE’
Mnr. Christie Keulder, ontleder by Survey Warehouse, het gesê die feit dat Seychelle ‘n hoër telling as Namibië behaal het, sê niks oor mediavryheid in Namibië nie, maar eerder baie oor mediavryheid in Seychelle.
“Die probleem met data wat volgens ’n ranglys gerangskik word, is dat almal dink jy is slegter daaraan toe as jy ’n plek verloor, wat hier beslis nie hier die geval is nie.
“Dus, ek wil sê welgedaan aan Namibië vir die verbetering, en geluk aan Seychelle vir die verbetering tot nommer een in Afrika,” het hy gesê.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie