Nanso se nasionale sekretaris vir politieke en internasionale aangeleenthede, mnr. Naboth De Celestino. Foto argief
Nanso se nasionale sekretaris vir politieke en internasionale aangeleenthede, mnr. Naboth De Celestino. Foto argief

Namibiese studente in Rusland sonder geld

Elizabeth Joseph
Te midde van sanksies ná Rusland se inval in Oekraïne, het die Namibiese Nasionale Studenteorganisasie (Nanso) bevestig dat Namibiese studente in dié land ‘n stryd voer om toegang tot geld te verkry.

“Vir die laaste twee maande, midde die sanksies, kon ons studente nie geld uit hul rekeninge in Rusland onttrek nie. Die geld is daar, tog sukkel hulle om dit te onttrek.

“Veral die studente wat private finansiering ontvang, was nie in staat om huur te betaal en vir hul uitgawes voorsiening te maak nie,” het Nanso se nasionale sekretaris vir politieke en internasionale aangeleenthede, mnr. Naboth De Celestino, vandeesweek gesê.

Studente het hulle sedertdien daartoe gewend om werk te soek om hulself te onderhou totdat die kwessie opgelos word, het hy gesê.

Volgens die BBC-nuusdiens het sanksies teen Rusland daartoe gelei dat plaaslike banke van die res van die wêreld afgesny word.

FINANSIëLE IMPLIKASIES

Groot banke in Rusland loop onder sanksies deur, wat Namibiese studente in ‘n moeilike posisie laat – selfs nadat hulle gekies het om Russiese bankrekeninge te open, het De Celestino gesê.

“Die uitdaging kom in waar Namibiese banke enige transaksies tussen Namibiese en Russiese banke geblokkeer het, sodat die studente by die beginpunt vasgevang is.”

Nanso het glo na die ministerie van internasionale betrekkinge en samewerking uitgereik en het sedertdien formele kommunikasie uitgestuur wat die kwessie aan die lig gebring het, maar het geen konkrete inligting oor oplossings en die huidige omstandighede ontvang nie.

“Op die oomblik bly ons in kontak met die studente in Rusland om die situasie te monitor en om seker te maak die belange van die studente word beskerm,” het hy gesê.

ONSUKSESVOL

Gesprekke met die Bank of Namibia (BoN) het nog nie begin nie, maar volgens die organisasie is hulle van plan om met die bank te vergader om te kyk of die probleem vinnig opgelos kan word.

Diegene wat deur die Finansiële Hulpfonds vir Namibiese Studente (NSFAF) gefinansier word, is ook geraak, maar is nie so hard getref soos studente wat privaat gefinansier word nie.

Volgens mnr. Percy Tjahere, die NSFAF-woordvoerder, plaas die fonds die geld direk in die studente se bankrekeninge oor, of dit nou ‘n Namibiese bankrekening is of nie.

Betalings word elke kwartaal gemaak en die instelling het daarin geslaag om hul studente voor die krisis by te staan, het hy bygevoeg.

Die geld wat nou verskuldig is, is vir die kwartaal van Mei tot Augustus.

Pogings om kommentaar van Namibiese studente in Rusland te kry, was onsuksesvol.

[email protected]

Kommentaar

David Louw 2 Jaar Gelede 12 May 2022

So wie se probleem is dit? Defnitief nie myne nie

Rapporteer

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!