‘Nee, Charlize, Afrikaans groei steeds,’ sê ATR en ander
Die Afrikaanse Taalraad (ATR) het aangesluit by die organisasies en politieke partye wat hul verbasing uitgespreek het oor die Hollywood-aktrise Charlize Theron se opmerkings dat Afrikaans ’n “sterwende taal” is, met glo net 44 mense wat dit magtig is.
Met dié dat soveel Suid-Afrikaners en van die jeug na haar opsien, behoort sy vir dié opmerking om verskoning te vra, het Conrad Steenkamp, hoof van die ATR, Donderdagaand gesê.
Hy het by navraag gesê haar onlangse uitlatings op ’n podsending lei tot vrae oor wat dit veroorsaak het, omdat sy in vorige jare positiewe opmerkings oor die taal gemaak het.
Daarby het hy uitgewys dat ’n deel van haar sukses te danke aan Afrikaans is omdat sy met die taal grootgeword en uiteindelik Engels daarmee geleer het.
“Hoekom nou skielik sulke onvolwasse goed oor Afrikaans kwytraak? Is dit omdat sy nou al 20, 30 jaar in die buiteland leef en net uit voeling geraak het?”
Volgens Steenkamp het die uitlatings haar beeld as ’n ikoon vir baie jong mense, om nie te praat van Afrikaanssprekendes nie, ietwat “deur die modder gesleep”.
“Vir haar om sulke goed te sê, laat jou begin dink aan wat die impak is op al die jonges wat haar bewonder. Sy het in rugbyterme ’n ernstige hanteringsfout begaan en behoort om verskoning te vra.”
Steenkamp hou vol Theron moet probeer om dié saak reg te stel, want “dit is belangrik genoeg dat sy dit probeer regmaak”.
Hy het benadruk dat Afrikaans nie aan die sterwe is nie en dat sy ook gekom het waar sy is danksy dié taal.
Die ATR en Solidariteit se navorsingsinstituut het vandeesmaand ’n demografiese verslag oor Afrikaans bekend gemaak wat genoem het dat die aantal Afrikaanssprekendes teen 2041 tot 7,1 miljoen mense gaan toeneem, van 6,8 miljoen verlede jaar.
Solidariteit het Donderdag ook sy kommer uitgespreek oor Theron se “begripsleesvermoë” en gewys op die bevindings van hul verslag.
Die feit dat me. Theron nie aan hierdie mark deelneem nie, maak hom nie verouderd nie, en sy doel nie uitgedien nie.
Dit dui onder meer aan dat daar nie tekens is van ’n taal wat aan die uitsterf is nie. “Die teendeel is waar – Afrikaans groei.”
Hoewel Afrikaans dalk nie soveel in Hollywood gepraat word nie, voer Solidariteit aan dit is die “de facto lingua franca” in die Wes-, Noord- en Oos-Kaap, groot dele van die Vrystaat en Noordwes, en in Pretoria.
“Die harde werklikheid is dat daar meer Afrikaanse kinders is en derhalwe 'n groter aanvraag na Afrikaanse skole, dienste en kuns. Hierdie taal gaan nie uitsterf nie.
“Die feit dat me. Theron nie aan hierdie mark deelneem nie, maak hom nie verouderd nie, en sy doel nie uitgedien nie.”
Die VF Plus het op sy beurt die middag gesê Charlize is dalk ’n uitstekende aktrise, “maar is swak ingelig oor haar moedertaal”.
Adv. Anton Alberts, nasionale voorsitter, sê hoewel die party trots is op wat Theron as aktrise vermag het, het haar jongste uitspraak dit duidelik gemaak dat sy nie op die hoogte is van wat in haar geboorteland aangaan nie.
“Die party vermoed selfs dat meer mense in Charlize se tuisdorp, Benoni, Afrikaans praat as enige ander taal.”
Volgens die VF Plus het Engels die omgangstaal geraak weens die “institusionele taal-dwangbuis” van die ANC-regering wat dit tot algemene spreektaal vir almal wil verhef.
“Nie alle tale is wêreldtale nie. Dit maak dit nie minder geliefd onder die mense wat dit praat nie.”
Die ATR se verslag noem dat die groei van die Afrikaanse bevolking nie byhou met die snelle groei van die res van die bevolking nie. Dit kan daartoe lei dat Afrikaanssprekendes in 2041 as deel van die bevolking van 11% tot 8% kan afneem.
In die verslag word genoem dat agt faktore oorweeg word om die lewenskragtigheid van ’n taal vas te stel. Dit sluit in die oordrag tussen geslagte, die aantal sprekers, die verhouding tot die bevolking in geheel, reaksie op nuwe domeine en media, houdings teenoor die taal, materiaal vir onderwys en die beleid en houding van die regering en ander instellings.
Bron: Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie