NTLA staan rotsvas agter volksmoord
. . . ondanks politieke verskuiwings in Duitsland
Die Nama Tradisionele Leiersvereniging sê hy sal voortgaan om druk op Duitsland toe te pas om volksmoordgesprekke af te handel.
Die Nama Tradisionele Leiersvereniging (NTLA) sê hy is nog nooit gemotiveer deur wie in beheer in Duitsland is wanneer hulle gevra het vir vergoeding vir die afstammelinge van die Nama- en Ovaherero-volksmoordslagoffers nie.
Die vereniging het nietemin gesê hy is bly dat die verregse Alternative für Deutschland (AfD) nie ’n meerderheidstem in Duitsland se pas afgelope verkiesing gewen het nie.
Die AfD het in Sondag se verkiesing agter die konserwatiewe Christian Democratic Union of Germany (CDU) geëindig en sal na verwagting deur die CDU versoek word om by ’n koalisie aan te sluit, wat onsekerheid skep oor die ooreenkoms wat in 2024 met Namibië gesluit is.
Network Media Hub (NMH) het in Januarie berig dat die Namibiese kabinet na bewering opdrag gegee het dat die gesamentlike verklaring tussen Namibië en Duitsland oor reparasie vir die Nama- en Ovaherero-volksmoord voor Maart 2025 onderteken moet word.
Volgens die dokument wat NMH onder oë gehad het, sal die ooreenkoms onderteken word deur Namibië se minister van internasionale betrekkinge en samewerking, Peya Mushelenga, en Duitsland se minister van buitelandse sake, Annalena Baerbock, en sal na verwagting teen einde Januarie in die Duitse parlement ter tafel gelê word. Dit het egter nie gebeur nie.
DRUK TOEPAS
Maboss Johannes Ortmann, die tegniese adviseur van die NTLA, het Woensdag aan NMH gesê hulle sal voortgaan om druk op Duitsland toe te pas.
“NTLA se posisie is nie gebaseer op die politieke landskap van Duitsland nie. Ons volg egter natuurlik die globale politiek en die opkoms van die verregses, so dit was geen verrassing vir ons toe ons die uitkoms sien nie,” het hy gesê.
“Ons sal sien met wie hulle ’n koalisie vorm. The Greens het, voordat hulle in hul amp gekom het, belowe om te druk vir reparasie, maar toe hulle aan bewind was, het hulle hul standpunt verander. Ons is net bly die verregses het nie algeheel gewen nie, maar ons sal voortgaan om druk op Duitsland te plaas,” het Ortmann bevestig.
ANDER PRIORITEITE
Duitsland se aanbod bly op 1,1 miljard euro (ongeveer N$18 miljard) oor 30 jaar, ten spyte van die geraakte gemeenskappe wat N$1,1 biljoen (trillion) eis.
Die planne beloof egter bykomende finansiering vir opheffing, heropbou, versoening en ontwikkeling.
In Januarie het ’n berig in The Conversation daarop gewys dat die implementering van die reparasie ná die ineenstorting van die Duitse regering afhang van die goedkeuring van die Duitse Bundestag (die laerhuis van die parlement).
“Duitse beleid het dalk ander prioriteite. Die verklaring is nog nooit deur al die partye ondersteun nie. Veral die Liberal Democratic Party (FDP), wat die regering se ondergang teweeg gebring het, vermy enige verwysing na kolonialisme in sy verkiesingsmanifes.
“’n Verdere kwessie is dat Duitsland tans besig is om ’n amptelike verskoning vir president Frank-Walter Steinmeier voor te berei. Namibië sal dit hersien voordat dit gefinaliseer word.
“As alles volgens plan verloop, sal die Duitse president dan formeel ’n verskoning aan die geraakte gemeenskappe bied. Maar op ’n plek van hul keuse?”
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie