Die wêreld se grootste vragvliegtuig, die Antanov AN-225, is vernietig tydens die Russiese inval in die Oekraïne, berig CNN. Dié foto is in Julie verlede jaar geneem toe dit tydens die derde Covid-19-golf mediese noodvoorrade na Namibië gebring het. Foto Tanja Bause
Die wêreld se grootste vragvliegtuig, die Antanov AN-225, is vernietig tydens die Russiese inval in die Oekraïne, berig CNN. Dié foto is in Julie verlede jaar geneem toe dit tydens die derde Covid-19-golf mediese noodvoorrade na Namibië gebring het. Foto Tanja Bause

Oekraïne: 64 van die 114 Namibiërs veilig in buurlande

AU veroordeel diskriminasie teen vlugtende Afrikane
Die Verenigde Nasies se menseregteraad sal môre 'n spesiale debat voer oor menseregteskendings wat voortspruit uit Rusland se militêre optrede in die Oekraïne.
Ronelle Rademeyer
Altesaam 64 van die 114 Namibiërs in die Oekraïne, het veilig in buurlande aangekom nadat hulle na grense gevlug het.

Die adjunk- eerste minsiter en minsiter van buitelandse betrekkinge en samewerking, me. Netumbu Nandi-Ndeutwah, het gister in die parlement gesê 64 Namibiërs het veilig in Pole, Roemenië, Hongarye en Slowakye aangekom, met Pole wat die meerderheid huisves.

Die regering is deur die Navachab-mynmaatskappy, QKR, bygestaan met die tref van reëlings in Pole, sê sy.

Volgens die minister is 56 studente in Pole, twee in Hongarye, vyf in Roemenië en een in Slowakye.

Nandi-Ndaitwah sê Suid-Afrika het sy diplomatieke sending in die Oekraïne opdrag gegee om alle Afrika-studente sover moontlik by te staan om die land te verlaat. Namibië het nie ’n konsulaat of ambassade in dié land nie.

“Die regering van Namibië het twee amptenare na Pole gestuur om Namibiërs met hul aankoms by die grense by te staan. Hulle word deur pns ere-konsul gehuisves,” sê sy.

‘n Whatsapp-groep is geskep om kommunikasie tussen die ministerie en studente te vergemaklik.

Sy het ‘n beroep op mense gedoen wat op sosiale media of ander wyse in kontak is met Namibiese burgers wat in die Oekraïne gestrand is, om hulle aan te moedig om die land te verlaat. “Dit is tans uiters moeilik om hulle te help terwyl hulle daar is,” het die minister gesê.

Die Afrika-unie (AU) het gesê hy is ontsteld oor berigte dat Afrika-burgers in die Oekraïne die reg geweier word om grense na buurlandse in veiligheid oor te steek terwyl hulle probeer om van die oorlog te vlug.

Terwyl honderdduisende vlugtelinge op die Oekraïense grense saamdrom in afwagting van buurlande se owerhede om hulle te ontvang, kom berigte na vore dat Afrikane anders behandel word en soms verhinder word om te vertrek.

Verskeie Afrikaner het hul ervaringe in die sosiale media gedeel en deur middel van video’s diskriminasie by treinstasies en grensposte aan die kaak gestel, berig Reuters.

“Berigte dat Afrikane uitgesonder word en nie dieselfde as ander vlugtelinge behandel word nie, is onaanvaarbaar, skokkend rassisties en in stryd met internasionale reg," het die AU-voorsitter, Senegal se pres. Macky Sall, en Moussa Faki Mahamat, hoof van die AU-kommissie, Maandag in ’n gesamentlike verklaring gesê.

Intussen het Namibië buite stemming gebly toe die geskeduleerde werk van die Verenigde Nasies (VN) se menseregteraad Maandag tydelik gestaak is sodat lidlande kon stem oor 'n versoek van die Oekraïne om dringend 'n debat te voer oor menseregteskendings wat voortspruit uit Rusland se militêre optrede op 24 Februarie.

Dié raad se optrede was in pas met die veiligheidsraad se kommer wat Maandag tot 'n spesiale noodvergadering oor die krisis gelei het.

Die Oekraïense-afvaardiging het ook 'n konsepresolusie voorgelê waarin hy gevra het vir ’n internasionale ondersoek na enige beweerde vergrype deur Russiese soldate.

Die president van die menseregteraad, Federico Villegas, het die 47 lede gevra om oor die Oekraïne se versoek te stem.

Die uitslag was 29 stemme ten gunste daarvan, vyf stemme daarteen en 13 lidlande het buite stemming gebly.

Rusland het saam met China, Venezuela, Kuba en Eritrea teen die versoek gestem, terwyl Namibië en ander Afrikalande soos Gaboen, Kameroen, Senegal, Somalië en Soedan buite stemming gebly het.

Die dringende debat sal môre om 15:00 plaasvind.

Die VN se hoë kommissaris vir menseregte, Michelle Bachelet, het gesê “ontelbare lewens” word in gevaar gestel.

Sy het daarop gewys tussen Donderdagoggend en Sondagaand is 406 burgerlike ongevalle bevestig is, van wie 102 dood is – “insluitend sewe kinders”. – [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!