Inwoners van Oekraïne het die afgelope naweek 'n eenheidsoptog in Kiëf gehou te midde van groeiende spanning met Rusland. Foto Reuters
Inwoners van Oekraïne het die afgelope naweek 'n eenheidsoptog in Kiëf gehou te midde van groeiende spanning met Rusland. Foto Reuters

Oekraïne: Ambassade sal reël as studente wil terugkeer

Russiese gesant in EU sê ‘geen oorlog vandeesmaand’
Die situasie in Oekraïne bly gespanne, al sê Rusland hy sal dié land nie binneval nie.
Ronelle Rademeyer
Die regering sê die ambassade in Rusland is gereed om “konsulêre reëlings” te tref indien Namibiese studente wat in Oekraïne studeer, wil terugkeer huis toe. Die ministerie van buitelandse betrekkinge en samewerking het Dinsdag die versekering gegee die ambassade is in noue kontak met die studente wat daar studeer. “Tydens die laaste vituele vergadering op 14 Februarie (Maandag) tussen mnr. (Clemens) Kashuupulwa, Namibië se ambassadeur in Rusland en Oekraïne, is die studente in kennis gestel die ambassade sal hulle bystaan met konsulêre dienste indien hulle wil terugkeer huis toe,” het die minsiterie gesê. In reaksie op ’n vraag op die ministerie se WhatsApp-groep vir joernaliste oor of die regering die studente se vliegtuigkaartjies sal betaal, het me. Bertha Amakali, direkteur vir inligting en navorsing in die ministerie, ontwykend geantwoord: “Dit is ons verklaring. Ons ambassadeur in Rusland het met die leierskap van Namibiese studente in verskeie dele van die Oekraïne ’n virtuele vergadering gehou om die huidige situasie en die pad vorentoe te bespreek.” Die regering moes in 2014 digby N$5 miljoen aan vliegtuigkaartjies opdok toe meer as 300 Namibiese studente wou terugkeer huis toe nadat Rusland die Krim-skiereiland beset het en ’n inval in Oekraïne onafwendbaar gelyk het.

SITUASIE TANS Volgens pres. Joe Biden van Amerika is ’n Russiese aanval op Oekraïne “steeds ’n groot moontlikheid”, maar waarsku die menslike koste sal “enorm” wees. BBC berig hy het Dinsdagaand op nasionale televisie gesê Amerika is gereed om beslissend op te tree in reaksie op só ’n stap. Intussen berig Deutsche Welle dat Rusland se gesant vir die Europese Unie, Wladimir Tsjizhof, gesê het daar sal “geen aanval in die komende maand” wees nie. Biden sê Rusland het nou sowat 150 000 troepe op die grens met Oekraïne ontplooi. “Sommige Russiese magte het volgens die land se minister van verdediging (Sergei Sjoigoe) teruggetrek van die grens. “(Russiese magte wat terugtrek) sal goed wees, maar ons het dit nog nie geverifieer nie. Ons het nog nie geverifieer dat die Russiese militêre eenhede na hul tuisbasisse terugkeer nie,” het Biden gesê. The New York Times het vroeër ’n intelligensiebron aangehaal wat aangevoer het Rusland sou gister (Woensdag, 16 Februarie ) met militêre optrede in Oekraïne begin. Tsjizhof het dit in opmerkings aan die Duitse koerant, Die Welt, ontken. “Wat Rusland betref, kan ek julle verseker daar sal geen aanval dié Woensdag wees nie,” het Tsjizhof aan Die Welt gesê. “Daar sal geen eskalasie in die komende week wees of in die week daarna of in die komende maand nie.” Biden se reaksie hierop was: “Oorloë in Europa begin selde op ’n Woensdag,” berig BBC.

NAMIBIË Namibië het ’n beroep gedoen op “alle partye in die konflik” om dit deur middel van vreedsame dialoog op te los. “Namibië hou verwikkelinge fyn dop en is gerus gestel nadat Vladimir Poetin, president van die Russiese Federasie, by verskeie geleenthede beklemtoon het Rusland sal Oekraïne nie binneval nie. Dit is bevestig tydens 'n diplomatieke inligtingsessie wat in Moskou gehou is,” het die ministerie gesê. [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!