Oekraïne: Eerste groep van 23 studente kom tuis
“Ek wil net in my eie bed slaap,” sê me. Albertina Ndaningina, een van die 23 Namibiërs wat in die Oekraïne studeer en gisteroggend veilig op die Internasionale Lughawe Hosea Kutako geland het.
Sy is een van die min gelukkiges wat slegs 20 km voor die grenspos in die Oekraïne afgelaai is.
“Niemand wil tot by die grenspos ry nie, so hulle laai jou 50 km voor die grenspos af en dan moet jy verder stap,” vertel haar ma, me. Inga Ndaningina.
Dit ten spyte van temperature onder vriespunt die afgelope week in Zaporizhzhia in die suidooste van Oekraïne, waar Albertina besig was om haar finale jaar as mediese student te voltooi. Sy sou na verwagting haar eindeksamen in Mei aflê.
“Aanvanklik het ek gedink ons is veilig, maar ek het geweet ek moes gaan toe die tweede sirene in Zaporizhzhia opgeklink het. Ek onthou ek en my vriende het in die middel van die nag na ‘n skuiling gehardloop en dit is toe wat ek geweet het ons moet daar wegkom,” sê sy.
Albertina en ‘n groep ander studente het die volgende oggend die veiligheid van die skuiling agtergelaat.
Volgens Inga het haar dogter se groep verlede Vrydag by die grenspos tussen die Oekraïne en Pole aangekom en sou eers Sondag in Pole toegelaat word.
“Toe ons in Pole aankom, het ons met ‘n bus van die ambassade na ‘n skuiling gegaan en vir ‘n paar uur geslaap. Daarna is ons na Warskou geneem. Alles het daar beter begin lyk,” sê Albertina.
“Ek is nou kalm,” sê Inga.
“Dit was die ergste ervaring van my lewe – ek het net nie geweet wat gaan volgende gebeur nie.”
Dit is vir Albertina bitter om die Oekraïne so skielik te verlaat.
“Dit was ’n lekker land om in te bly. Ons het ons roetines gehad en ons studente het ’n familie gevorm. Nou weet ons nie of ons mekaar ooit weer gaan sien nie.”
TRAUMA
Me. Helen Mouton van die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste se welsynsdienste sê dit is van kardinale belang dat Namibiërs wat gerepatrieer word én hul geliefdes traumaberading ontvang.
“Hulle kon talle trauma deurgemaak het. Gevoelens van onveiligheid, die onsekerheid rondom hul oorlewing, asook dít wat hulle dalk gesien het, kan hulle beïnvloed,” sê sy.
Mouton glo hierdie trauma sal nie onmiddellik insink nie, maar eers wanneer die geaffekteerde individue in die samelewing probeer herintegreer.
“Ons kyk vir simptome soos nagmerries, terugflitse en angs, maar verskillende mense ervaar verskillende simptome. Ons sal maatskaplike werkers en sielkundiges deurentyd aan diens hê, maar hierdie situasie verg langtermyn aandag.”
GEEN VOORKEUR
Dr. Alfred von Kent, die uitvoerende direkteur van internasionale betrekkinge en samewerking, sê die regering het geen voorkeurgroep vir repatriasie nie.
“Dit is nie net studente wat gehelp word nie, maar enige Namibiese burger. Ons moet na ons burgers omsien,” sê hy.
Mnr. Kennedy Kandume, uitvoerende hoof van die Finansiële Hulpfonds vir Namibiese Studente (NSFAF), sê die opvatting dat NSFAF-studente eerste gehelp word, is weens die feit dat NSFAF nouer bande met dié individue het.
“Dit was maklik om NSFAF-studente te bereik, want ons het hul kontakbesonderhede. Private studente en burgers is buite ons bereik omdat ons geen rekords of kontakinligting het nie,” verduidelik hy.
Von Kent skets ‘n optimistiese prentjie van die regering se reddingspogings.
“Ons het reeds 33 Namibiërs wat veilig hier geland het en nog 40 wat Maandag (vandag) gaan land. Ongeveer 114 Namibiërs het hulle in die Oekraïne gevestig. Die meerderheid is uit. Ons is bewus van nog vier wat daar vasgekeer is, maar om ’n persoon uit ’n redelike veilige omgewing te neem, kan hulle moontlik in meer gevaar stel. Dus moet ons versigtig wees hoe ons hierdie kwessie benader,” sê hy.
Von Kent meen dat alle Namibiërs wat hulle midde die konflik bevind het, teen die einde van die week weer op hul tuisgrond kan wees. – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie