Oekraïners op Swakop oor familie se lot
‘Ons is vreedsame mense’
'n Oekraïner wat in Namibië woon en een wat hier op besoek was en nou gestrand is, gesels oor die gebeure in hul moederland.
Rusland het op 24 Februarie ’n massiewe militêre aanval en inval in die Oekraïne geloods, met vliegtuie en missiellanseerders wat stede, lughawens en militêre geriewe oraloor die land aangeval het.
Twee Oekraïense burgers in Swakopmund het met die koerant gesels oor die gruwels wat hul medelandsburgers tans in die Oekraïne ervaar.
Me. Olga Nesterenko, wat al byna tien jaar in Namibië woon, het gesê sy wil die rekord regstel oor wat nou in die Oekraïne gebeur.
“Baie mense is onder die indruk dat hierdie ’n oorlog tussen Rusland en Amerika is, wat nie die geval is nie. Trouens, dis nie ‘n geveg tussen die Oekraïne en Rusland nie. Ons is vreedsame mense wat net onsself probeer beskerm.”
Volgens Nesterenko is die enigste rede vir hierdie aanvalle die feit dat die Oekraïense bevolking verkies het om soewerein, demokraties en onafhanklik van Rusland se politieke invloede te lewe.
“Die Oekraïne het sy pro-Europese waardes en dit is nie die Poetin-regering se plek om dit weg te neem nie.”
Nesterenko sê ná maande se spanning waartydens Russiese troepe stelselmatig op Oekraïense grense toegeneem het, sowel as talle toesprake waarin Poetin beweer het daar is geen planne om ‘n oorlog te begin of die Oekraïne te beset nie, is ’n “spesiale militêre missie” om die Oekraïne te “demilitariseer” en “denazifiseer” van stapel gestuur.
Een van die redes waarom die Oekraïne kwesbaar is vir ‘n Russiese inval, is omdat hy nie oor kernwapens beskik nie.
“Die land het in 1994 ingestem om die Sowjetunie se kernbomme wat in sy gebied agtergelaat is, te oorhandig in ruil vir ’n ooreenkoms dat die VSA, die Verenigde Koninkryk en Rusland sy veiligheid sal waarborg.
“My familie en vriende kruip nou in skuilings weg waar daar nie genoeg plek vir almal is nie, want ons was glad nie gereed vir ‘n oorlog nie,” sê Nesterenko.
Nesterenko sê sy en me. Katerina Kachan het mekaar toevallig in ’n winkel ontmoet en dadelik bevriend geraak.
Tydens die gesprek het Kachan genoem dat ongeveer 425 Oekraïners reeds dood is.
Russiese missiele het gisteroggend ’n regeringsgebou in Kharkiv (die voormalige Oekraïense hoofstad) vernietig, terwyl ballistiese missiele voortgaan om geboue in Kiëf, die Oekraïne se hoofstad, in puin te lê.
Kachan, wat in Kiëf woon, sê sy het op 1 Januarie vanjaar in Namibië vakansie kom hou met die doel om tot 5 Maart te bly.
“Ek en my twee kinders het vliegkaartjies bespreek om op 6 Maart terug te keer, maar ons is nou hier gestrand want al die lughawens is gesluit en ons het nêrens om heen te gaan nie. Al wat ek nou kan doen, is om te bid vir my familie, vriende en kollegas se veiligheid.”
Hulle het ’n woonstel in Swakopmund bespreek totdat die konflik opgelos is.
BRANDSTOF- EN VOEDSELPRYSE Die voortgesette konflik in die Oekraïne het die potensiaal om wêreldwye voedselpryse te laat styg.
Honderde lande in die Midde-Ooste, Suid-Asië en Noord-Afrika maak op Rusland staat en die Oekraïne vir voedsel, en kenners waarsku die konflik sal voedselpryse laat klim en wêreldwye hongersnood kan toeneem.
“Help ons asseblief om hierdie onsin te stop. Ons vra dringend om kos, drinkgoed en warm klere na die Oekraïne te stuur omdat daar nie genoeg kos is nie. Restaurante het begin om eenvoudige maaltye te kook in ‘n poging om die mense te voed, maar dis steeds nie genoeg nie,” sê Nesterenko.
Die twee Oekraïners het hul waardering teenoor Namibiërs vir hul ondersteuning uitgespreek. – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie