Olieglans verdof
Shell verminder PEL39 se boekwaarde aansienlik
Shell het aangekondig dat dit US$400 miljoen (meer as N$7,5 miljard) se waarde met betrekking tot sy ontdekking van aflandige olie op PEL39 afskryf, omdat die ontginning van die olie nie kommersiël vatbaar is nie. PEL39 bevat die bekend Graff-1X waar Shell reeds in 2022 olie ontdek het. Die La Rona-, Jonker-, Graff-1A-, Lesedi-, Cullinan- en Enigma-1X-boorgate is ook hier geboor. Enigma het verlede jaar weer opslae gemaak met nog ‘n olie-ontdekking. Die internasionale oliereus het egter Woensdag aan die internasionale nuusagentskap Reuters gesê dat die eksplorasie nou volgens sy eie berekening baie minder waarde inhou. Die nuusagentskap haal Shell aan dat die eksplorasieblok “tans nie vir kommersiële ontwikkeling bevestig kan word nie.”
Shell verwys na geologiese en tegniese probleme met die ontginning van die olie wat baie diep en ver in die Atlantiese Oseaan geleë is, maar wat ook baie gas bevat wat ontginning verder belemmer.
Sedert die aanvanklike ontdekking byna drie jaar gelede het Shell en sy vennote QatarEnergy saam met die Nasionale Petroleumkorporasie van Namibië (Namcor) altesaam nege boorgate in diep seewater laat boor.
Namcor wis niks
Die Namibiese staatsonderneming was gister egter steeds in die donker oor Shell se verandering van planne. “As vennoot het ons geen amptelike kommunikasie van Shell van die afsienbare uitkoms op kommersiële vatbaarheid van Blok PEL39 ontvang nie,” het Namcor woordvoerder Utaara Hoveka gister gesê.
“Tweedens sou Namcor geen finansiële blootstelling hê selfs in die geval dat ‘n nie-kommersiële gevolgtrekking bereik word nie,” voeg sy by, omdat die koste van Namcor se belang in die blok deur Shell gedra word.
“Ten slotte, ons bly vas in ons oortuiging dat Namibië 'n ryk onderverkende olieprovinsie is. Met meer koolwaterstof-eksplorasieaktiwiteite sal die land se volle petroleumpotensiaal beslis verwesenlik word,” het Hoveka gesê.
Nog 'n terugslag
Intussen het Filipe Silva, die uitvoerende hoof van Namcor se ander olie-eksplorasievennoot, Galp Energia uit Portugal, Dinsdag aangekondig dat hy met onmiddelik effek bedank het. Volgens internasionale berigte mag Silva se skielike bedanking die beplande belegging van Amerika se ExxonMobil in PEL82 belemmer. Galp en ExxonMobil sou elk 40% belang in die eksplorasieblok hê sou die transaksie voltooi word en met Custos en Namcor elk met 10%. Custos se voorsitter en hoofbeampte Knowledge Katti het net verlede week Galp se jongste ontdekking van meer olie in die tweede PEL82-boorgat gevier. Namcor het nie op navrae in verband met Galp se leierskapsverwikkelinge reageer nie. - [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie