Pandemie, digitalisering táp joernaliste
Turkye-Afrika-mediaberaad in Istanboel gehou
Verskeie aktuele kwessies wat joernaliste en hul beroep raak, is die afgelope twee dae tydens 'n mediaberaad in Turkye bespreek.
Joernaliste in Afrika sukkel in die nadraai van die pandemie om finansieel te oorleef en talle ly aan depressie.
Verder beleef meniges die druk wat digitalisering op die bedryf toepas en die eise wat ’n 24/7-leefwyse op hul fisieke en geestesgesondheid plaas.
Dit was van die kwessies wat aan die lig gekom het in paneelbesprekings by die twee dae lange Turkye-Afrika-mediaberaad wat gisteraand in Istanboel ten einde geloop het.
Die beraad is deur meer as 80 joernaliste uit Afrika en Turkye bygewoon, asook deur akademici, regeringslui, diplomate en afgevaardigdes van nieregeringsorganisasies.
Kwessies is bespreek soos die post-pandemie-uitdagings waarmee joernaliste en die mediabedryf te doen het, die wyse waarop digitalisering dié beroep onder beleg plaas, kwessies wat vrouejoernaliste raak en hoe om die konvensionele narratiewe in beriggewing oor Afrika te verander.
Academici het ook die internasionale (wan-)orde in die tyd van konstante krisis onder die loep geneem.
Van die deelnemers het gesê die vlak van depressie in die bedryf word steeds onder die mat gevee en geestesiektes wat joernaliste aftakel, word nie aangemeld nie.
Verder sê hulle die vlak van armoede op die vasteland is groot en joernaliste en mediawerkers, wat as vierde stand van die samelewing ’n belangrike rol vervul, leef dikwels self ook in armoede.
“Joernaliste vorm lewens en samelewings en bring sosiale verandering teweeg en moet daarom ondersteun en bemagtig word om in gesonde gees en liggaam te lewe en te werk,” is in die sessie oor die post-pandemiese uitdagings beklemtoon.
Van die paneellede het vertel van die uitdagings wat hulle beleef het toe Covid-19 op sy felste was. Vele het hul werk verloor, of selfs gesterf nadat hulle die virussiekte tydens die uitvoering van hul dagtaak opgedoen het.
“Selfs voor Covid het vele mediahuise in nood verkeer. Covid het die situasie vererger, veral vir die gedrukte media.
“Gevolglik is daar ’n afname in die gehalte van berigte; TV-programme word net geselsprogramme en in die digitale joernalistiek word net gekopieer en geplak,” het hulle gesê.
Joernaliste wat aan die gesprekke deelgeneem het, sê groter aandag moet gegee word aan die kontekstualisering en diepte van inhoud. So ook moet joernaliste, veral dié in die staatsmedia, bemagtig word om vals stories, waninligting, disinformasie en terreurpropaganda teen te werk en demokrasie te bevorder.
Tydens die opening van die beraad het prof. Fahrettin Altun, Turkye se direkteur van kommunikasie, ’n beroep gedoen op afgevaardes en joernaliste om hul ervaring te gebruik om "terreurpropaganda" in die digitale sfeer te beveg.
Hy het ook gesê Turkye wil Afrika-joernaliste ondersteun om Afrika se stories só te vertel dat dit soewereine state en sosio-ekonomiese ontwikkeling bevorder.
Turkye het die afgelope 14 jaar sowat US$2,2 miljard aan ontwikkelingshulp op die vasteland bestee, terwyl die handel tussen Turkye en Afrika-lande in 2021 altesaam US$24,5 miljard beloop het, het Altun gesê.
“Ons doelwit is US$50 miljard,” het hy gesê en bygevoeg Turkse ondernemings is tans betrokke by ongeveer 1 700 projekte regoor die vasteland.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie