PAS IN: Brics brei uit
Die Suid-Afrikaanse president, Cyril Ramaphosa, het aangekondig dat die vyf lidlande van Brics, naamlik China, Rusland, Brasilië, Indië en Suid-Afrika ooreengekom het om vanaf 1 Januarie 2024 vir Argentinië, Egipte, Ethiopië, Iran, Saoedi-Arabië en die Verenigde Arabiese Emirate (VAE) toe te laat om aan te sluit. Dié bykomende lande word dus volledige lede van Brics en vorm deel van die eerste uitbreidingsfase, volgens Ramaphosa. Die belangstelling van nog ander lande word ook verwelkom, het hy gesê.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie