Plaaslike vleis binnekort op pad na Midde-Ooste
Abattoirs aangemoedig om geleentheid te benut
Dit is glo noodsaaklik vir plaaslike uitvoerabattoirs om hierdie markgeleentheid te benut en halaal-sertifiseringsliggame wat deur die VAE en Katar goedgekeur is, te betrek vir akkreditasie voor uitvoere.
Ellanie Smit - Die ministerie van landbou, water en grondhervorming het aansienlike vordering gemaak om toegang tot die Midde-Oosterse mark vir Namibiese vleis en vleisprodukte te verseker.
Ndiyakupi Nghituwamata, die uitvoerende direkteur, het gesê die ministerie het in Julie ’n sending na die Verenigde Arabiese Emirate (VAE) en Katar onderneem vir marknavorsing vir die uitvoer van plaaslike vleis – van beide noord en suid van die veterinêre kordonheining (VCF).
Sy het gesê die afvaardiging het met veeartsenykundige owerhede in die VAE en Katar se ministerie van openbare gesondheid vergader om belangrike voorwaardes te bespreek om Namibiese vleis na daardie markte te kan uitvoer.
“Net so is gesprekke gevoer met die halaal-akkreditasie-owerhede van die VAE en Katar.”
Nghituwamata het gesê tydens die besoek is daar suksesvol onderhandel oor die uitvoervereistes vir beesvleis van uitvoerabattoirs in die noordelike kommunale gebiede na Katar, en die uitvoer van bees- en lamsvleis vanaf gebiede suid van die VCF na die VAE.
Sy het gesê dit is gevolg deur verdere konsultasies tussen Namibië se direktoraat van veeartsenydienste met sy eweknieë in albei lande, wat gelei het tot die verkryging van veeartsenykundige uitvoergesondheidsertifikate vir die uitvoer van vleis.
HALAAL
Volgens haar is dit noodsaaklik vir Namibiese uitvoerabattoirs om hierdie markgeleentheid te benut en halaal-sertifiseringsliggame wat deur die VAE en Katar goedgekeur is, te betrek vir akkreditasie voor uitvoere.
Verder het die ministerie slagplase wat goedgekeur is vir uitvoer aangemoedig om met die invoerders van vleis en vleisprodukte in die VAE en Katar in gesprek te tree vir registrasie van die produkte wat hulle beoog om uit te voer sodra hulle instansies of abattoirs halaal-akkreditasie ontvang.
Beesvleis is die grootste van die vleissubsektor in Namibië, gevolg deur lam, skaap en bok.
Vanaf 2022 is Namibië se top-uitvoerbestemmings vir beesvleis die Europese Unie met 29% van die totale beesvleisuitvoere, Noorweë met 25% en Suid-Afrika met 24%, volgens data wat die Vleisraad van Namibië verskaf het.
Aangesien beesvleisproduksie ’n belangrike ekonomiese dryfveer is, wat bydra tot sowat 70% van die land se bruto binnelandse produk, het Namibië probeer om sy uitvoermarkte te diversifiseer om hoër inkomste te genereer.
In 2020 het Namibië die eerste Afrikaland geword wat rooivleis na die Verenigde State van Amerika uitvoer, ná byna twee dekades se onderhandelinge.
Die staat se vleisverwerkingsmaatskappy Meatco het die land se eerste besending van 25 ton in Februarie daardie jaar na Amerika gestuur, met die hoop om die uitvoersyfer tot 5 000 ton teen 2025 te verhoog.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie