Poetin hinkepink woedend ná 2 maande se stryd
Doelstellings ‘veels te ambisieus’
Dit loop nou in die rigting van twee maande sedert die Russiese weermag Oekraïne op 24 Februarie binnegeval het. Waar staan sake nou? Lyk dit asof Rusland sy doelstellings gaan bereik? Leopold Scholtz probeer antwoorde vind.
As daar een saak is waaroor die meeste ontleders van die Oekraïense oorlog dit eens is, is dit dat Rusland verreweg nie die aanvanklike, uiters ambisieuse doel waarmee hy sy buurland binnegeval het, kon bereik nie. Trouens, hy moes sy doelstellings, al is dit dalk net tydelik, afwaarts aanpas.
Dis duidelik dat die antwoord in verskeie uiters belangrike Russiese foute gevind kan word.
Pres. Wladimir Poetin se doelstellings was veels te ambisieus en hy het Oekraïne se vermoë om weerstand te bied hopeloos onderskat.
Uit Poetin se eie openbare uitsprake voor en tydens die oorlog kan gesien word dat hy die staat Oekraïne heeltemal van die wêreldkaart wou wegvee. Rusland maak op historiese gronde aanspraak op Oekraïne, waar ’n belangrike deel van sy wortels lê, het Poetin by verskeie geleenthede gesê of geskryf.
Trouens, die Oekraïners hét geen eie identifiseerbare identiteit nie; hul identiteit is nie van dié van die Russe te onderskei nie. Al rede hoekom sommige Oekraïners daarop aanspraak maak, is die propaganda van ’n misdadige Nazistiese regime.
Gevolglik, het Poetin verwag, as die Russiese tenks oor die grense heen rol, sal hulle met oop arms, blomme en dansende meisies in die strate verwelkom word.
Wel, nie alleen is die offensief in die omgewing van Kiëf vierkant gestuit nie; dis selfs teruggedryf.
Dit het ’n belangrike strategiese implikasie gehad: Die inval is met hopeloos onvoldoende troepe, wapentuig en voorrade aangepak. Ook is die Oekraïners se begeerte om ’n aparte identiteit te handhaaf – en dus ook hul weerstand – totaal onderskat.
Vandaar dat die Russe half verbouereerd teruggedeins het toe hulle hulle teen ’n goed georganiseerde en vasberade Oekraïense weerstand vasloop.
Poetin se benadering was dat hy Kiëf, Oekraïne se hoofstad, blitsvinnig sou kon inneem en die “Nazi-regime” van pres. Wolodimir Zelenski maklik sou verdryf. Waarna die hele land soos ’n ryp appel in sy skoot sou val.
Wel, nie alleen is die offensief in die omgewing van Kiëf vierkant gestuit nie; dis selfs teruggedryf. Alle Russiese troepe in die omgewing moes teruggetrek word.
Poetin se afgeskaalde doel is nou om die oostelike provinsies in te neem, en hulle dan moontlik as basis te gebruik vir ’n hernieude offensief teen die res van die land. In die ooste, so word gemeen, kan die Oekraïense magte omsingel word, en dit kan ’n nekslag vir Oekraïne beteken.
WESTE STAAN SAAM
Hoekom het Poetin sake minstens aanvanklik so foutief ingeskat? Waarnemers is dit eens dat Poetin aan dieselfde fatale ingesteldheid ly as Adolf Hitler in die Tweede Wêreldoorlog – hy meen dat hy áltyd volledig reg het, en dat niémand hom ooit op ’n fout sal kan betrap nie.
Die gevolg is dat sy “raadgewers” eenvoudig te bang is om ’n mening te verkondig wat die diktator onwelgevallig is. Dus volg hy sy eie kop, meestal sonder om van sy eie foute te leer, en leef hy in ’n soort eggokamer waar hy net sy eie stem hoor.
Dit word versterk deurdat Poetin, die produk van die Sowjetunie se geheime polisie, die KGB, die weermaggeneraals wantrou. Die KGB se opvolger, die FSB, is volgens alle aanduidings ondoeltreffend en korrup, en voer Poetin met wat die offisiere meen hy graag wil hoor.
Maar uiteindelik is die volledige Weste daarvan oortuig dat Poetin nie in sy doel mag slaag nie.
Wat Poetin ook volledig verkeerd ingeskat het, is die eensgesindheid van die Weste, van Navo en die Europese Unie (EU). Sy verwagting was dat Navo en die EU in ’n onderlinge rusie uiteen sou val.
Wel, daar ís benaderingsverskille tussen byvoorbeeld die Duitse bondskanselier, Olaf Scholz, en pres. Joe Biden van Amerika.
Eersgenoemde weifel oor die wysheid om Oekraïne op groot skaal met wapentuig te help; Biden (soos die meeste ander Westerse leiers) het die land reeds met miljarde dollar se wapens en ammunisie bygestaan.
Maar uiteindelik is die volledige Weste daarvan oortuig dat Poetin nie in sy doel mag slaag nie. Dus is die oorwegende benadering nou om Rusland internasionaal volledig te isoleer.
Trouens, daar is ’n behoorlike konsensus dat as hy sy doel in Oekraïne bereik, sy volgende doel die drie Baltiese state – almal lid van Navo – gaan wees, en dat dít ’n egte Europese oorlog kan uitlok.
MASSAMOORDE
Op strategiese gebied is daar nog ’n belangrike Russiese fout. Dit is die uitgebreide misdade wat die Russiese magte begaan het in die gebiede wat hulle sowat twee weke lank in die omgewing van Kiëf en elders beset het.
Ons praat van grootskaalse massamoorde. Toe die Oekraïners die gebiede herbeset, het hulle op honderde lyke in die strate afgekom, met koeëlwonde in die kop en dikwels met die hande agter die rug vasgebind.
Ons praat van massaverkragtings. Duisende verhale van verkragte vroue het na buite gekom, en dit gebeur op so ’n skaal dat menseregte-aktiviste in die Weste die vermoede uitspreek dat dit nie bloot om individuele militêre gaan wat handuit ruk nie, maar om ’n doelbewuste strategie om die burgerlike bevolking te intimideer.
Dié verhale is nou algemeen in Oekraïne bekend. Ook dít versterk die bevolking se vasberadenheid om weerstand te bied.
Dit kan byvoorbeeld gesien word in die hawestad Marioepol, waar die laaste oorblywende Oekraïense soldate hulle in ’n hopelose geveg teen ’n Russiese oormag in ’n staalfabriek verskans het en eenvoudig weier om hulle oor te gee.
Ook omdat die Oekraïners goed ingegrawe is, kan verwag word dat die moeder van alle gevegte hier gaan losbars, een waar die verdedigers die aanvallers ’n ordentlike bloedneus kan gee, al wen laasgenoemdes dalk uiteindelik wel.
Poetin het hier met ’n probleem te make. Op 9 Mei word die Sowjet-oorwinning oor Nazi-Duitsland jaarliks met ’n yslike parade op die Rooi Plein in Moskou herdenk, en die president sal dit vanjaar gepaard wil laat gaan met iets wat hy minstens in sy propaganda as ’n oorwinning kan voorhou.
Tot dusver kan Poetin nie veel wys nie. Binnekort dalk wel op die inname van Marioepol.
Om die waarheid te sê, elders beleef sy magte behoorlike teenslae. Die grootste daarvan was sekerlik die kelder van die Russiese missielkruiser Moskwa deur Oekraïense skeepsmissiele.
Dit het twee gevolge.
Die eerste is regstreeks militêr van aard. Dit wys dat Russiese skepe kwesbaar is as hulle na aan die kus vaar. Wat beteken dat dekking vanuit die see vir ’n aanslag op die laaste Oekraïense hawestad in die Swart See, Odesa, haas onmoontlik sal wees.
Die tweede kan ingrypende politieke implikasies hê.
In die Weste gis kenners steeds meer oor die moontlikheid van ’n militêre staatsgreep.
Die verlies van die Moskwa, die trots van die Russiese vloot, is ’n enorme klap vir Poetin se persoonlike prestige. Dit, saam met die feit dat hy vir sy politieke oorlewing hoofsaaklik op die ondoeltreffende en dikwels korrupte FSB (eerder as op die weermag) staatmaak, kan ’n bedreiging vir sy posisie word.
In die Weste gis kenners steeds meer oor die moontlikheid van ’n militêre staatsgreep met ’n generaal wat agter Poetin se lessenaar in die Kremlin kan inskuif. Wat dít kan inhou, kan ’n mens slegs raai.
Poetin se prestigeverlies hou nog ’n implikasie in. Dit is dat hy kan meen hy moet ’n taktiese kernwapen inspan om die Oekraïners die nekslag toe te dien.
Dit kan uiters gevaarlik wees, want dit beteken dat ’n grens oorgesteek word wat – as dit nie beperk kan word nie – tot die Derde Wêreldoorlog kan ontwikkel. En dán word dinge regtig lelik.
Die wêreld staan voor ’n baie gevaarlike oomblik in sy geskiedenis. - Dr. Scholtz is onafhanklike ontleder en historikus wat in Nederland woon. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie