Polisie moet Portugees leer
Jemima Beukes - Die kabinet het die groen lig gegee vir ’n ooreenkoms waarvolgens Namibiese polisiebeamptes taalopleiding in Portugees sal ontvang.
Die minister van binnelandse sake, immigrasie, veiligheid en sekuriteit sal ’n samewerkingsprotokol met die Camões Instituut vir Samewerking en Tale, wat in Portugal gebaseer is, in hierdie verband onderteken.
In hierdie stadium is dit nog onbekend wat die begroting vir dié inisiatief gaan wees, en volgens die hoof van die Namibiese polisie (Nampol), luitenant-generaal Joseph Shikongo, is dit een van die kwessies wat in die komende maande uitgewerk moet word.
Hy het verduidelik dat die besluit om lede van Nampol Portugees te laat leer, val in lyn met Interpol se vereistes, en is ook beïnvloed deur die feit dat Portugees een van die tale is wat in die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SADC) gepraat word.
“En dit is net gepas want Angola is ons buurland en ons het gesamentlike kommissies en ons werk baie nou saam, asook Mosambiek, met wie ons saamwerk.
“Ons praat Engels met al ons ander bure, so dit maak sin dat ons in Portugees opgelei word.
“Trouens, een vereiste van Interpol is dat ons opgelei moet word in Portugees, Frans en Arabies. Ek kan self vlot Arabies praat,” het hy gesê.
SPESIAAL ONTWERP
Die opleiding sal aangepas word vir Namibië se gewapende magte, het Shikongo gesê, en bygevoeg dat hulle nog moet bepaal watter beamptes opgelei gaan word en of dit nuwe rekrute sal insluit.
Drie polisiebeamptes is glo uitgestuur om ’n sendinggebied as deel van die SADC-sending in Mosambiek op te rig. Hulle is op 15 Julie 2021 ontplooi ná goedkeuring deur ’n buitengewone SADC-beraad van staatshoofde.
Camões is verantwoordelik vir die bevordering van die Portugese taal in meer as 82 lande.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie