Pres. Hage Geingob en die presidentsvrou, me. Monica Geingos, tydens 'n besoek aan Koningin Elizabeth II by Buckingham-paleis in 2017. FOTO NAMIBIA PRESIDENCY
Pres. Hage Geingob en die presidentsvrou, me. Monica Geingos, tydens 'n besoek aan Koningin Elizabeth II by Buckingham-paleis in 2017. FOTO NAMIBIA PRESIDENCY

Pres. Hage Geingob na koningin se begrafnis

Ronelle Rademeyer
Namibië se pres. Hage Geingob sal Maandag een van talle regeringshoofde van die Statebondslande wees wat die begrafnis van Koningin Elizabeth II in Londen sal bywoon.

Dit is gister bekend gemaak toe die Britse hoë kommissaris, mnr. Charles Moore, ‘n welwillendheidsbesoek aan Staatshuis gebring het waar hy ‘n geskenk ter viering van die koningin se platinum jubileum vroeër vanjaar, aan Geingob oorhandig het.

Me. Lwimba Mufune, beampte vir kommunikasie, beurse en politiek by die Britse hoëkommissariaat, het by navraag aan Republikein bevestig die president se beplande reis na Londen vir die begrafnis, is ook gister bespreek.

Geingob het met haar afsterwe verlede week hulde gebring aan die koningin en gesê hy “onthou met liefde” sy interaksies met haar.

“Tydens haar besoek aan Namibië in 1991 het ek die geleentheid gehad om haar majesteit na Katutura te neem. 'n Jaar later het ek haar ontmoet en sy kon ons gesprekke tydens haar besoek aan Namibië helder onthou.

“In 2017 het ek as staatshoof die geleentheid gehad om 'n hoflikheidsbesoek aan Koningin Elizabeth II te bring en ek onthou met liefde haar vriendelike houding en vermoë om ligte oomblikke te deel,” het hy gesê en bygevoeg sy sal altyd onthou word vir haar merkwaardige bewind, harde werk en toewyding in diens van die mense van die Verenigde Koninkryk en die Statebond.

Namibiërs wat boodskappe van medelye met die Britse koningshuis wil deel, het nog vandag tyd om dit in ‘n spesiale boek by die Britse hoëkommissariaat neer te pyn. Dit kan tussen 10:00 en 12:00 geskied.

Intussen is die koningin se kis gister vanaf Skotland na die lugmagbasis Northolt buite Londen gevlieg.

Dit is vandaar na die troonkamer in Buckingham-paleis geneem en sal vandag na die Westminster-saal geneem word waar die koningin vier dae in staatsie sal lê.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-12-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 20° | 32° Eenhana: 20° | 24° Oshakati: 21° | 27° Ruacana: 21° | 27° Tsumeb: 21° | 27° Otjiwarongo: 20° | 30° Omaruru: 20° | 32° Windhoek: 19° | 32° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 16° | 22° Swakopmund: 16° | 18° Walvis Bay: 17° | 24° Rehoboth: 19° | 33° Mariental: 22° | 35° Keetmanshoop: 19° | 35° Aranos: 23° | 35° Lüderitz: 14° | 27° Ariamsvlei: 21° | 35° Oranjemund: 13° | 26° Luanda: 26° | 27° Gaborone: 19° | 33° Lubumbashi: 16° | 31° Mbabane: 19° | 27° Maseru: 18° | 30° Antananarivo: 16° | 25° Lilongwe: 20° | 32° Maputo: 23° | 33° Windhoek: 19° | 32° Cape Town: 19° | 25° Durban: 21° | 27° Johannesburg: 17° | 27° Dar es Salaam: 27° | 32° Lusaka: 18° | 32° Harare: 19° | 29° #REF! #REF!