Raila op soek na Mbumba se steun
’n Behoefte aan eenheid op die vasteland
Die Keniaanse veteraan-leier streef daarna om as die volgende voorsitter van die Afrika-unie-kommissie aangewys te word.
Die Keniaanse veteraan-politikus en leier, Raila Odinga, het gister president Nangolo Mbumba by Staatshuis besoek.
Odinga besoek tans verskeie lande in Suider-Afrika om steun te werf vir sy strewe om die volgende voorsitter van die Afrika-unie-kommissie te word.
Die kommissie se gereelde sitting van die uitvoerende raad sal op 12 en 13 Februarie gehou word, dae voor die vergadering van staatshoofde op 15 en 16 Februarie, by die Afrika-unie (AU) se hoofkantoor in Addis Abeba, die hoofstad van Ethiopië.
Nuwe topleierskap van die AU sal ook tydens die uitvoerende raadsvergadering verkies word.
Odinga ding mee teen Mahmoud Ali Youssouf van Djiboeti en Richard Randriamandrato van Madagaskar om die gesogte pos, terwyl ’n ondervoorsitter en ses kommissarisse ook gekies sal word.
Odinga het by gister se geleentheid gesê hy is bly om terug in Namibië te wees, en dat hy met verskeie Afrikaleiers in gesprek tree oor die behoefte aan eenheid op die vasteland.
Hy sê Afrikalande is onafhanklik, maar bly steeds verdeeld, wat die vasteland se mense kniehalter wat reis en handel betref.
Hy sê die vasteland benodig meer infrastruktuur soos snelweë, hoëspoed-spoorweë en -vlugte om die binneland oop te stel vir die beweging van mense en goedere.
Nog ’n fokuspunt is Afrika se jeug, waar ongeveer 70% van die vasteland se bevolking jonger as 35 jaar oud is.
“Hoe bemagtig ons die jongmense? Hoe verbeter ons hul toegang tot die internet en die gebruik van kunsmatige intelligensie om hul ontwikkeling te bespoedig?” het hy gevra.
Odinga erken dat daar onlangs meer staatsgrepe in Afrika plaasgevind het en sê die spesifieke faktore wat daartoe bydra, moet geïdentifiseer en getakel word.
Oorlog heers steeds in Afrika ten spyte van die AU se poging “om die gewere teen 2020 stil te maak”.
“Hulle maak steeds geraas,” sê hy oor vuurwapens oraloor Afrika, en dat dit ontwikkeling belemmer, want ontwikkeling het vrede nodig.
“Om nie veilig te wees nie belemmer ontwikkeling.
Ek sal van voor af lei,” sê hy.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie