Die leiers van China, Rusland, Brasilië, Indië en Suid Afrika sal volgende jaar ses nuwe lede tot BRICS verwelkom.
Foto wikimedia.org
Die leiers van China, Rusland, Brasilië, Indië en Suid Afrika sal volgende jaar ses nuwe lede tot BRICS verwelkom. Foto wikimedia.org

Ses lande sluit by Brics aan

Global suide staan saam
Argentinië, Egipte, Ethiopië, Iran, Saoedi-Arabië en die Verenigde Arabiese Emirate sluit aan
Augetto Graig
Suid-Afrika se president, Cyril Ramaphosa, het gister aangekondig dat ses lande by die huidige vyf Brics-lidlande, bestaande uit China, Rusland, Brasilië, Indië en Suid-Afrika, aansluit.

Dié lande is Argentinië, Egipte, Ethiopië, Iran, Saoedi-Arabië en die Verenigde Arabiese Emirate (VAE).

Hulle word op 1 Januarie 2024 volledige lidlande van Brics en vorm deel van die eerste fase van uitbreiding, volgens Ramaphosa, wat die belangstelling van nog lande verwelkom.

In totaal sal Brics, insluitend die nuwe lidlande, ’n gesamentlike bevolking van 3,646 miljard verteenwoordig – in vergelyking met die totale wêreldbevolking van 8 miljard.

In terme van die ekonomie verteenwoordig die nuwe groepering US$35,16 triljoen teenoor die wêreldekonomie ter waarde van US$101.6 triljoen.

Boonop sal van die voorste lande in Suid-Amerika, die Midde-Ooste, Asië en Afrika nou deel van Brics wees.

Volgens Ramaphosa is daar ook by die beraad besluit om geleenthede te ondersoek om die stabiliteit, betroubaarheid en regverdigheid van die globale finansiële raamwerk te bevorder.

“Ons moedig multilaterale finansiële instellings en internasionale organisasies aan om ’n opbouende rol in die bevordering van wêreldwye konsensus oor ekonomiese beleid te speel,” sê Ramphosa.

“Ons het opgemerk dat daar wêreldwyd momentum is vir die gebruik van plaaslike geldeenhede, alternatiewe finansiële reëlings en alternatiewe betalingstelsels.”

Ramaphosa voeg by: “Die beraad het ooreengekom om Brics se finansministers en sentrale bankgoewerneurs opdrag te gee om die kwessie van plaaslike geldeenhede, betaalinstrumente en -platforms te oorweeg en teen die volgende beraad terugvoering aan die Brics-leiers te gee.”

Die lede by die 15de Brics-beraad het ook die besluit geneem om die Tweede Johannesburg-verklaring aan te neem, volgens Ramaphosa.

Dié verklaring is Woensdag tydens die beraad bekend gestel en sit uiteen hoe die lidlande sal saamwerk vir die bevordering van inklusiewe multilateralisme en vreedsame ontwikkeling, om saam te werk vir wedersydse versnelde groei en om volhoubare ontwikkeling te ondersteun.

Die verklaring prioritiseer ook die uitruil van burgers tussen lidlande en die ontwikkeling van nasionale instansies.

Rusland sal volgende jaar gasheer vir die 16de Brics-beraad speel, waar al die lidlande in Kazan bymekaar sal kom.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!