DEPORTATIONS FAIR: The High Commissioner of the United Kingdom to Namibia Charles Moore says Namibians are not being discriminated against.
DEPORTATIONS FAIR: The High Commissioner of the United Kingdom to Namibia Charles Moore says Namibians are not being discriminated against.

Sommige Namibiërs 'misbruik' VK se wette

250 teruggestuur sedert 1990
Die Britse hoë kommissaris sê asielsoekers wie se aansoeke geweier word, moet na hul lande terugkeer, en voeg by dat Namibië 'n veilige en demokratiese land is wat niemand vervolg nie.
Yandi Du Plessis
Ogone Tlhage – Brittanje se hoë kommissaris in Namibië, Charles Moore, sê Namibiërs wat daardie land as besoekers binnegaan maar later om asiel aansoek doen, misbruik die Verenigde Koninkryk (VK) se immigrasiewette.

Hy het die opmerkings gemaak ná die aankondiging dat die VK meer as 1 200 Namibiërs wat as asielsoekers in die land was, gaan deporteer

"Diegene wat as besoekers hierheen reis, maar met hul aankoms asiel aanvra, asook diegene wat langer bly as wat hul visums toelaat, misbruik Britse immigrasieregulasies," het hy gesê.

DEEGLIKE OORWEGING

Volgens hom het diegene wat asiel in die VK soek alle reg daarop, maar hy het gesê sulke aansoeke sal omvattend beoordeel word.

"Enigiemand wat in die VK opdaag en asiel aanvra, sal toegelaat word. Daar is 'n tydperk waar ons sal moet verstaan hoekom hulle asiel soek, en die aansoek sal omvattend beoordeel word," het Moore die afgelope naweek gesê.

Asielaansoeke word deur ’n behoorlike proses hanteer, het hy gesê, en bygevoeg diegene wie se aansoeke van die hand gewys word, het geen ander keuse as om na hul eie lande terug te keer nie.

"Die VK evalueer alle asielaansoeke op ’n gelyke basis, met deernis en respek. Namibië is 'n veilige, demokratiese land waar niemand staatsvervolging ervaar nie. So, as Namibiese aansoekers geweier word, moet hulle terugkeer. Dieselfde met diegene wat onwettig hier aanbly," het hy Saterdag op sy amptelike Twitter-rekening getwiet.

Moore het gesê 1 200 Namibiërs se asielaansoeke moet nog deur die Britse regering geëvalueer word, en meer as 250 Namibiërs is sedert 1990 huis toe gestuur.

Namibiërs word nie onregverdig geteiken nie, het hy gesê.

BELEID BEVRAAGTEKEN

Die menseregteaktivis Petrus Undari, wat in die VK gebaseer is, het die Namibiese regering se vermoë om na die behoeftes om te sien van diegene wat asiel soek in die VK, bevraagteken.

"Ons het 'n kwessie van mense wat na Namibië teruggestuur word. Is daar enige struktuur in plek om hulle in die ekonomie te integreer? Let wel, mense is al vir soveel jare hier," het Undari gesê.

Hy bevraagteken ook die gebrek aan wette wat inklusiwiteit bevorder vir lede van onder meer die lesbiese, gay, biseksuele en transgender (LGBTQ)-gemeenskap in Namibië.

"Is die Namibiese regering gereed om wette in te stel wat lede van die LGBTQ-gemeenskap sonder diskriminasie sal akkommodeer? Want dié wat nou in plek is, is nie gunstig vir die LGBTQ-gemeenskap nie," het hy gesê.

"Wat is in plek vir die jong seuns en meisies wat weghardloop van gedwonge huwelike? Is daar iets wat sal verseker dat hierdie dinge oorweeg word?" hy het bygevoeg.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!