Stembusse vir Amerika se middeltermynverkiesing sluit
Al die stembusse in die Amerikaanse middeltermynverkiesing is gesluit. Die stemme word nog getel. Volgens Netwerk24 is vroeë aanduidings dat die Republikeinse Party die beheer oor die Amerikaanse Huis van Verteenwoordigers van pres. Joe Biden se Demokrate gaan afneem. Die vooruitsig van 'n "rooi golf" blyk egter ietwat dowwer te wees.
Nadat die meeste stempunte in die land gesluit het, het die Republikeine vyf setels van die Demokrate in die Raad weggevat, volgens Edison Research. Dit is die presiese getal wat nodig is om 'n meerderheid te verkry en om Biden se wetgewende agenda te verlam. Die eerste resultate kan dus deur die loop van Woensdagoggend verwag word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie