'Stop vooroordeel'
Vroue word daagliks aan skadelike stereotipes en vooroordeel onderwerp wat onder meer hul loopbane, gesondheid, welstand, lewenstyl en verhoudinge beïnvloed. Die uitvoerende sekretaris van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SADC), mnr. Elias Magosi, het in die lig van Wêrelddag vir Vroue wat vandag gevier word, gesê meer moet gedoen word om geslagsongelykhede oraloor in die wêreld te takel. Vanjaar se tema onder die hutsmerk #BreakTheBias takel wette, menseregte en maatskaplike norme wat in die pad staan van gelykheid vir vroue en meisies.
Volgens Magosi wys data vroue in die SADC-streek verteenwoordig die meerderheid van die armste en mees kwesbare groep weens onder meer beperkte toegang tot grond, tegnologie, krediet, onderrig en opleiding, sowel as formele werksgeleenthede. Ongelykhede is ook verder vererger deur die Covid-19-pandemie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie