Van Rusland. . . met trane

Ronelle Rademeyer
Bykans twee weke ná Rusland se inval op 24 Februarie in Oekraïne oorheers tonele van verwoesting en vlugtende Oekraïners wêreldnuus.

Min inligting word egter deur Westerse media gedeel oor die impak wat die verlammende sanksies op die Russiese ekonomie en die dag tot dag bestaan van Russe het.

Dr. Annes Nel, oud-Namibiër en bekende predikant wat saam met sy vrou, Olga, in St. Petersburg woon waar hy teologie aan ’n Russiese Universiteit doseer, het gister uit Belfast in Noord-Ierland ’n somber prentjie geskets van die lewe in Rusland.

Die Nels het Sondag met hul motor tot in Estland gereis, vanwaar hulle na Belfast in Noord-Ierland gevlieg het.

Hy sê dit het baie moeilik geword om in Rusland te oorleef, selfs al het jy ’n buitelandse bankrekening.

Visa, Mastercard en American Express het die naweek aangekondig dat hulle alle bedrywighede in Rusland opskort uit protes teen die inval in die Oekraïne.

Visa-, Mastercard- of American Express-kaarte wat in die buiteland uitgereik is, werk nie meer by winkels of OTM'e in Rusland nie, het BBC berig.

Kliënte kan ook nie meer hul Russiese kaarte in die buiteland of vir internasionale betalings aanlyn gebruik nie.

“Die lewensomstandighede in Rusland het geweldig versleg. ’n Pakkie hoenderborsies wat twee weke gelede 299 roebel gekos het, kos nou 600 roebel,” vertel hy.

Nel – wat deur middel van ’n WhatsApp-groep, From Russia with love, vertellinge, foto’s en video’s van hul lewe in Rusland met vriende in Namibië en elders deel – sê hulle beplan om tot ná Paasnaweek in Noord-Ierland te bly.

Die plan is om dan terug te keer na Rusland, as die omstandighede dit toelaat, sê hy.

VLUGTELINGE

Volgens Reuters het twee miljoen mense reeds uit die Oekraïne na veiligheid gevlug. Die Verenigde Nasies se vlugtelingagentskap het Maandag gesê 1,7 miljoen Oekraïners kon daarin om die land te verlaat.

Intussen het die ontruiming van mense uit talle Oekraïense dorpe en stede gister voortgeduur nadat Rusland en die Oekraïne ’n ooreenkoms vir hulle veiligheid bereik het.

Namibië se adjunk- eerste minister en minister van buitelandse betrekkinge en samewerking, me. Netumbo Nandi-Ndaitwah, het gister in die parlement gesê haar ministerie is in kontak met die ses Namibiërs wat nog in Oekraïne is.

“Ons is in kontak met ses burgers wat nog in die Oekraïne is, insluitend die vier wat suksesvol uit Soemi ontruim is, waar die brandpunt is.

“Van dié ses, is vyf op pad na die Poolse grens. Wat die ander een betref, werk ons nog daaraan om ’n veilige roete uit die Oekraïne te verseker,” het sy gesê.

Tot dusver kon 49 Namibiese burgers met die hulp van die regering na Namibië terugkeer:

• 8 het Saterdag 5 Maart geland;

• 22 het Sondag 6 Maart in die land aangekom; en

• 19 het Maandag 7 Maart 2022 geland.

Twee van 89 Namibiërs het Vrydag in die land nadat hulle hul eie reisreëlings getref het, sê die minister. Dit beteken 51 van die Namibiërs wat uit Oekraïne moes vlug, is veilig terug in die land.

Nandi-Ndaitwah het verduidelik hoewel aanvanklik berig is 114 Namibiërs bevind hulle in Oekraïne, moes die regering net 89 help om die land te verlaat. Die ander 25 het die Oekraïne reeds voor die inval verlaat. [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!